YouVersion Logo
Search Icon

JOB 35

35
Elíhu beantwoord Job se bewering dat dit 'n mens nie baat om regverdig te wees nie.
1VERDER het Elíhu aangehef en gesê:
2Hou u dit vir reg, noem u dit: my geregtigheid voor God,
3dat u vra wat dit u baat? Wat help dit my meer as wanneer ek sou sondig?
4Ék sal u antwoord gee en aan u vriende saam met u.
5 Kyk op na die hemel en sien, en aanskou die wolke wat hoog bo u is.
6As u sondig, watter skade is dit vir Hom? En is u oortredinge baie, wat kan u Hom daarmee aandoen?
7 As u regverdig is, wat gee u aan Hom? Of wat kan Hy uit u hand aanneem?
8U goddeloosheid raak net 'n mens soos u, en u geregtigheid 'n mensekind.
Die onskuldiges roep God aan, maar nie op die regte manier nie.
9VANWEË die menigte van verdrukkinge skreeu hulle; hulle roep om hulp oor die geweld van die grotes.
10Maar niemand sê nie: Waar is God, my Maker, wat lofsange gee in die nag,
11wat ons meer leer as aan die diere van die aarde en ons wyser maak as die voëls van die hemel?
12Dan roep hulle, maar Hy antwoord nie, vanweë die trotsheid van die kwaaddoeners.
13Sekerlik, na nietige klagte luister God nie, en die Almagtige slaan daar geen ag op nie.
14Hoeveel minder as u sê u sien Hom nie! Die regsaak is voor Hom: wag dan op Hom.
15Maar nou, omdat sy toorn nie straf nie, en Hy nie grootliks ag gee op oormoed nie,
16maak Job sy mond wyd oop in nietige gepraat, vermenigvuldig hy woorde sonder kennis.

Currently Selected:

JOB 35: AFR53

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy