YouVersion Logo
Search Icon

JOB 14

14
Sal die kortheid van die lewe en die droewige einde daarvan nie die ontferming van God opwek nie?
1DIE mens uit 'n vrou gebore, is kort van dae en sat van onrus.
2Hy spruit uit soos 'n blom en verwelk; ook vlug hy soos 'n skaduwee en hou nie stand nie.
3En oor so een maak U die oë oop, en U bring my voor u gereg.
4Ag, kon maar 'n reine voortkom uit 'n onreine — nie een nie!
5As dan sy dae vasgestel is, die getal van sy maande by U is, U vir hom grense gestel het waar hy nie oor kan gaan nie,
6 kyk dan weg van hom af, dat hy kan rus — totdat hy soos 'n dagloner hom tevrede voel met sy dag.
7Want vir 'n boom is daar verwagting: as dit afgekap word, loop dit weer uit en sy loot ontbreek nie.
8As sy wortel oud word in die aarde en sy stam sterf in die stof —
9van die reuk van die water spruit dit weer uit, en dit maak 'n tak soos 'n jong plantjie.
10Maar 'n man sterwe en is magteloos; ja, 'n mens blaas die asem uit en — waar is hy?
11Die waters verdwyn uit die groot waterplas, en die rivier droog uit en lê droog —
12so lê die mens daar sonder om weer op te staan; totdat die hemele nie meer is nie, word hulle nie wakker of uit hul slaap opgewek nie.
13Ag, as U my maar in die doderyk wou wegsteek, my wou verberg totdat u toorn bedaar het, my 'n bepaalde tyd wou stel en dan aan my wou dink!
14 As 'n mens sterwe, sal hy weer lewe? Dan sou ek hoop al die dae van my stryd totdat my aflossing kom;
15 U sou roep, en ek sou U antwoord, na die maaksel van u hande sou U verlang.
16Want nou tel U my voetstappe. Let U nie op my sonde nie?
17My oortreding is verseël in 'n bondeltjie, en U sluit my ongeregtigheid weg.
18Maar soos 'n berg stukkend val as dit neerstort, en 'n rots versit word uit sy plek;
19die water klippe glad skuur; die stortvloede daarvan die grond van die aarde wegspoel; so is die verwagting van 'n mens — U maak dit tot niet.
20U oorweldig hom vir ewig, en hy gaan heen; U verander sy gelaat en stuur hom weg.
21Sy kinders kom in eer, maar hy word dit nie gewaar nie; en hulle word gering, maar hy let nie op hulle nie.
22Net sy vlees aan hom voel pyn, en sy siel in hom treur.

Currently Selected:

JOB 14: AFR53

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy