YouVersion Logo
Search Icon

JESAJA 43

43
1MAAR nou, so sê die Here, jou Skepper, o Jakob, en jou Formeerder, o Israel: Wees nie bevrees nie, want Ek het jou verlos; Ek het jou by jou naam geroep; jy is myne!
2 As jy deur die water gaan, is Ek by jou; en deur die riviere — hulle sal jou nie oorstroom nie; as jy deur vuur gaan, sal jy jou nie skroei nie, en die vlam sal jou nie brand nie.
3Want Ek is die Here, jou God, die Heilige van Israel, jou Heiland; Ek het Egipte gegee as losprys vir jou, Kus en Seba in jou plek.
4Omdat jy kostelik is in my oë, hooggeag is, en Ek jou liefhet, daarom gee Ek mense in jou plek en volke vir jou lewe.
5 Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou; Ek sal jou geslag van die ooste af aanbring en jou versamel van die weste af.
6Ek sal sê aan die noorde: Gee! en aan die suide: Hou nie terug nie! Bring my seuns van ver, en my dogters van die einde van die aarde af,
7elkeen wat na my Naam genoem is en wat Ek geskape het tot my eer, wat Ek geformeer, wat Ek ook gemaak het.
8 Bring uit die volk wat blind is en tog oë het, en die dowes wat ore het.
Die enigste Verlosser sal nuwe dinge doen.
9AL die nasies het saam vergader, en die volke is versamel. Wie onder hulle kan sulke dinge verkondig? En laat hulle ons die vorige dinge bekend maak! Laat hulle hul getuies bring, dat hulle in die gelyk gestel kan word; en laat hulle hoor en sê: Dit is die waarheid!
10 Júlle is my getuies, spreek die Here, en my kneg wat Ek uitverkies het, sodat julle kan weet en My kan glo en insien dat dit Ek is — voor My is geen God geformeer nie, en ná My sal daar geeneen wees nie.
11 Ek, Ek is die Here, en daar is geen Heiland buiten My nie.
12Ék het verkondig en verlos en dit laat hoor, en daar was geen ander god onder julle nie; en julle is my getuies, spreek die Here, en Ek is God.
13 Ook van vandag af is Ek dit, en niemand red uit my hand nie; Ek werk, en wie kan dit keer?
14So sê die Here, jou Losser, die Heilige van Israel: Om julle ontwil het Ek na Babel gestuur, en Ek sal hulle almal as vlugtelinge laat afdaal, naamlik die Chaldeërs, in die skepe waarop hulle gejuig het.
15Ek is die Here, julle Heilige; die Skepper van Israel, julle Koning.
16So sê die Here wat in die see 'n weg en in die sterk waters 'n pad gemaak het,
17 wat waens en perde, leërmag en held laat uittrek het; tesame lê hulle, hulle sal nie opstaan nie; hulle is uitgeblus, soos 'n lamppit uitgedoof.
18 Dink nie aan die vorige dinge nie, en slaan geen ag op wat vroeër gebeur het nie.
19Kyk, Ek gaan iets nuuts maak; nou sal dit uitspruit; sal julle dit nie merk nie? Ja, Ek maak 'n pad in die woestyn, riviere in die wildernis.
20Die wilde diere van die veld sal My eer, die jakkalse en die volstruise; want Ek gee waters in die woestyn, riviere in die wildernis om my volk, my uitverkorene, te laat drink.
21Die volk wat Ek vir My geformeer het, hulle sal my lof verkondig.
Onverdiende genade!
22NOGTANS het jy Mý nie aangeroep, o Jakob, dat jy jou vir My sou vermoei het nie, o Israel!
23 Jy het vir My nie gebring die kleinvee van jou brandoffers nie, en met jou slagoffers het jy My nie geëer nie; Ek het jou geen oorlas aangedoen met spysoffers en jou nie vermoei met wierook nie.
24Jy het vir My geen kalmoes met geld gekoop en met die vet van jou slagoffers My nie verkwik nie; maar jy het My oorlas aangedoen met jou sondes, jy het My vermoei met jou ongeregtighede.
25Ek, Ek is dit wat jou oortredinge uitdelg om My ontwil, en aan jou sondes dink Ek nie.
26Maak My indagtig; laat ons teen mekaar pleit; vertel jy, dat jy in die gelyk gestel kan word.
27Jou eerste vader het gesondig, en jou tolke het teen My oortree.
28 So het Ek dan heilige vorste ontheilig en Jakob aan die banvloek oorgegee en Israel aan beskimpinge.

Currently Selected:

JESAJA 43: AFR53

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy