YouVersion Logo
Search Icon

EFÉSIËRS 3

3
Die verborgenheid van die roeping van die heidene. Die apostelskap van Paulus.
1OM hierdie rede is ek, Paulus, die gevangene van Christus Jesus vir julle wat heidene is —
2as julle ten minste gehoor het van die bediening van die genade van God wat aan my verleen is vir julle,
3dat Hy aan my deur 'n openbaring bekend gemaak het die verborgenheid, soos ek tevore kortliks geskryf het;
4waardeur julle, as julle dit lees, my insig in die verborgenheid van Christus kan verstaan,
5wat in ander tye aan die mensekinders nie bekend gemaak is nie soos dit nou aan sy heilige apostels en profete geopenbaar is deur die Gees, naamlik
6dat die heidene mede-erfgename is en medelede van die liggaam en mededeelgenote aan sy belofte in Christus deur die evangelie
7 waarvan ek 'n dienaar geword het, volgens die gawe van die genade van God wat aan my gegee is ooreenkomstig die werking van sy krag.
8Aan my, die geringste van al die heiliges, is hierdie genade gegee om onder die heidene die evangelie van die onnaspeurlike rykdom van Christus te verkondig,
9en vir almal aan die lig te bring wat die gemeenskap is van die verborgenheid wat van alle eeue af verborge was in God wat alles geskape het deur Jesus Christus,
10sodat nou deur die gemeente aan die owerhede en magte in die hemele die menigvuldige wysheid van God bekend gemaak kan word,
11 volgens die ewige voorneme wat Hy opgevat het in Christus Jesus, onse Here,
12in wie ons die vrymoedigheid en die toegang het met vertroue deur die geloof in Hom.
13Daarom bid ek dat julle nie moedeloos word by my verdrukkinge ter wille van julle nie. Dit is julle eer.
Gebed van Paulus vir die Efésiërs.
14 OM hierdie rede buig ek my knieë voor die Vader van onse Here Jesus Christus,
15van wie elke geslag in die hemele en op die aarde sy naam ontvang,
16dat Hy aan julle mag gee na die rykdom van sy heerlikheid om met krag versterk te word deur sy Gees in die innerlike mens,
17 sodat Christus deur die geloof in julle harte kan woon, julle wat in die liefde gewortel en gegrond is,
18en julle in staat kan wees om saam met al die heiliges ten volle te begryp wat die breedte en lengte en diepte en hoogte is,
19en die liefde van Christus te ken wat die kennis oortref, sodat julle vervul kan word tot al die volheid van God.
20 En aan Hom wat mag het om te doen ver bo alles wat ons bid of dink, volgens die krag wat in ons werk,
21aan Hom die heerlikheid in die gemeente in Christus Jesus deur alle geslagte tot in ewigheid! Amen.

Currently Selected:

EFÉSIËRS 3: AFR53

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy