YouVersion Logo
Search Icon

SPREUKE 10

10
Spreuke oor verskillende dinge.
1 DIE spreuke van Salomo. 'n Wyse seun verbly die vader, maar 'n dwase seun is 'n bekommernis vir sy moeder.
2Skatte deur goddeloosheid verwerf, bring geen voordeel nie, maar geregtigheid red van die dood.
3 Die Here laat die regverdige nie honger ly nie, maar die begeerlikheid van die goddelose stoot Hy weg.
4Hy word arm wat met 'n trae hand werk, maar die hand van die vlytiges maak ryk.
5Hy wat in die somer wegbêre, is 'n verstandige seun; hy wat vas slaap in die oestyd, is 'n seun wat skande maak.
6Seëninge is daar op die hoof van die regverdige, maar die mond van die goddelose verberg geweld.
7 Die nagedagtenis van die regverdige is tot seën, maar die naam van die goddelose vergaan.
8Hy wat wys van hart is, neem die gebooie aan, maar hy wat dwaas van lippe is, kom tot 'n val.
9Hy wat in opregtheid wandel, wandel veilig, maar hy wat sy weë krom maak, word bekend.
10Hy wat met sy oog knip, veroorsaak smart, en hy wat dwaas spreek, kom tot 'n val.
11Die mond van die regverdige is 'n fontein van lewe, maar die mond van die goddelose verberg geweld.
12Haat verwek twiste, maar liefde bedek al die oortredinge.
13Op die lippe van die verstandige word wysheid gevind, maar die roede is vir die rug van die verstandelose.
14Die wyse lê kennis weg, maar die mond van die dwaas is 'n ondergang wat naby is.
15 Die goed van die ryke is vir hom 'n sterk stad; die ondergang van die behoeftiges is hulle armoede.
16Wat die regverdige verwerf, is vir die lewe; die inkomste van die goddelose is tot sonde.
17 'n Pad ten lewe is hy wat die tug in ag neem; maar hy wat die teregwysing veronagsaam, raak verdwaald.
18Hy wat haat verberg, het valse lippe; en hy wat skindertaal uitstrooi, is 'n dwaas.
19By veelheid van woorde ontbreek die oortreding nie; maar hy wat sy lippe inhou, handel verstandig.
20Die tong van die regverdige is uitgesoekte silwer; die hart van die goddelose is min werd.
21Die lippe van die regverdige help baie mense reg; maar die dwase sterf deur gebrek aan verstand.
22 Die seën van die Here — dit maak ryk, en moeitevolle arbeid voeg daar niks by nie.
23 Dit is 'n vermaak vir 'n dwaas om 'n skandelike daad te doen, net so is wysheid vir 'n man van verstand.
24 Waar die goddelose bang voor is — dit kom oor hom; maar die begeerte van die regverdiges vervul Hy.
25Wanneer 'n stormwind verbygaan, is die goddelose nie meer nie; maar die regverdige is vir ewig gegrondves.
26Soos asyn vir die tande en soos rook vir die oë, so is die luiaard vir die wat hom stuur.
27 Die vrees van die Here vermeerder die dae, maar die jare van die goddelose word verkort.
28Die verwagting van die regverdiges is vreugde, maar die hoop van die goddelose vergaan.
29 Die weg van die Here is vir die opregte 'n vesting, maar 'n ondergang vir die werkers van ongeregtigheid.
30 Die regverdige sal vir ewig nie wankel nie, maar die goddelose sal in die land nie bly woon nie.
31 Die mond van die regverdige laat wysheid uitspruit, maar die valse tong word uitgeroei.
32Die lippe van die regverdige weet wat welgevallig is, maar die mond van die goddelose is pure valsheid.

Currently Selected:

SPREUKE 10: AFR53

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy