YouVersion Logo
Search Icon

MATTHÉÜS 4

4
Die versoeking van Jesus.
(Mk. 1:12,13; Lk. 4:1-13.)
1TOE is Jesus deur die Gees weggelei die woestyn in om versoek te word deur die duiwel.
2En nadat Hy veertig dae en veertig nagte gevas het, het Hy naderhand honger geword.
3En die versoeker het na Hom gekom en gesê: As U die Seun van God is, sê dat hierdie klippe brode word.
4Maar Hy antwoord en sê: Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan.
5Toe neem die duiwel Hom saam na die heilige stad en laat Hom op die dak van die tempel staan
6en sê vir Hom: As U die Seun van God is, werp Uself af; want daar is geskrywe: Hy sal sy engele bevel gee aangaande U, en hulle sal U op die hande dra, sodat U nie miskien u voet teen 'n klip stamp nie.
7Jesus sê vir hom: Daar is óók geskrywe: Jy mag die Here jou God nie versoek nie.
8Weer neem die duiwel Hom saam na 'n baie hoë berg en wys Hom al die koninkryke van die wêreld en hulle heerlikheid,
9en sê vir Hom: Al hierdie dinge sal ek aan U gee as U neerval en my aanbid.
10Toe sê Jesus vir hom: Gaan weg, Satan! want daar is geskrywe: Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien.
11Daarna het die duiwel Hom laat staan, en daar het engele gekom en Hom gedien.
Jesus in Galiléa. Die eerste dissipels.
(Mk. 1:14 vv.; Lk. 4:14 vv.; 5:1-11.)
12EN toe Jesus hoor dat Johannes in die gevangenis gesit was, het Hy na Galiléa teruggegaan.
13En Hy het Násaret verlaat en gaan woon in Kapérnaüm aan die see, in die gebied van Sébulon en Náftali,
14sodat vervul sou word wat gespreek is deur Jesaja, die profeet, toe hy gesê het:
15 Die land Sébulon en die land Náftali, na die see toe, oorkant die Jordaan, Galiléa van die heidene —
16die volk wat in duisternis sit, het 'n groot lig gesien, en die wat sit in die land en skaduwee van die dood, vir hulle het 'n lig opgegaan.
17Van toe af het Jesus begin om te preek en te sê: Bekeer julle, want die koninkryk van die hemele het naby gekom.
18 En terwyl Jesus langs die see van Galiléa loop, sien Hy twee broers, Simon wat genoem word Petrus, en Andréas, sy broer, besig om 'n net in die see uit te gooi; want hulle was vissers.
19En Hy sê vir hulle: Kom agter My aan, en Ek sal julle vissers van mense maak.
20En hulle het dadelik die nette laat staan en Hom gevolg.
21En toe Hy daarvandaan verder gaan, sien Hy twee ander broers, Jakobus, die seun van Sebedéüs, en Johannes, sy broer, in die skuit saam met hulle vader Sebedéüs, besig om hulle nette heel te maak; en Hy het hulle geroep.
22En hulle het dadelik die skuit en hulle vader verlaat en Hom gevolg.
23En Jesus het deur die hele Galiléa rondgegaan en in hulle sinagoges geleer en die evangelie van die koninkryk verkondig en elke siekte en elke kwaal onder die volk genees.
24En die gerug aangaande Hom is versprei oor die hele Sírië; en hulle het na Hom gebring almal wat ongesteld was, wat gekwel was deur allerhande siektes en pyne en wat van duiwels besete was, en maansiekes en verlamdes; en Hy het hulle gesond gemaak.
25 En groot menigtes het Hom gevolg van Galiléa en Dekápolis en Jerusalem en Judéa en van oorkant die Jordaan af.

Currently Selected:

MATTHÉÜS 4: AFR53

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy