YouVersion Logo
Search Icon

MATTHÉÜS 3

3
Johannes die Doper.
(Mk. 1:1-8; Lk. 3:1-18; Joh. 1:6-8,9-36; 3:23-32.)
1IN daardie dae het Johannes die Doper opgetree en in die woestyn van Judéa
2gepreek en gesê: Bekeer julle, want die koninkryk van die hemele het naby gekom.
3Want dit is hy van wie deur die profeet Jesaja gespreek is toe hy gesê het: Die stem van een wat roep in die woestyn: Berei die weg van die Here, maak sy paaie reguit!
4En hy, Johannes, het 'n kleed gedra van kameelhare en 'n leergord om sy heupe, en sy voedsel was sprinkane en wilde heuning.
5En Jerusalem en die hele Judéa en die hele omtrek van die Jordaan het uitgegaan na hom toe.
6En hulle is deur hom in die Jordaan gedoop met belydenis van hulle sondes.
7Maar toe hy baie van die Fariseërs en Sadduseërs na sy doop sien kom, sê hy vir hulle: Addergeslag, wie het julle aangewys om te vlug vir die toorn wat aan kom is?
8Dra dan vrugte wat by die bekering pas.
9En moenie dink om by julleself te sê: ons het Abraham as vader nie; want ek sê vir julle dat God mag het om uit hierdie klippe kinders vir Abraham op te wek.
10Maar die byl lê ook al teen die wortel van die bome. Elke boom wat geen goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi.
11Ek doop julle wel met water tot bekering; maar Hy wat ná my kom, is sterker as ek, wie se skoene ek nie waardig is om aan te dra nie. Hy sal julle doop met die Heilige Gees en met vuur.
12Sy skop is in sy hand, en Hy sal sy dorsvloer deur en deur skoonmaak en sy koring in die skuur saambring, maar die kaf sal Hy met onuitbluslike vuur verbrand.
Die doop van Jesus.
(Mk. 1:9-11; Lk. 3:21,22; Joh. 1:31-34.)
13 TOE het Jesus van Galiléa na die Jordaan, na Johannes gekom om deur hom gedoop te word.
14Maar Johannes het Hom ernstig teëgegaan en gesê: Ek het nodig om deur U gedoop te word, en kom U na my toe?
15Maar Jesus het geantwoord en vir hom gesê: Laat dit nou toe, want só pas dit ons om alle geregtigheid te vervul. Daarna het hy Hom toegelaat.
16En nadat Jesus gedoop was, het Hy dadelik uit die water opgeklim, en meteens gaan die hemele vir Hom oop, en Hy sien die Gees van God soos 'n duif neerdaal en op Hom kom.
17 En daar kom 'n stem uit die hemele wat sê: Dit is my geliefde Seun in wie Ek 'n welbehae het.

Currently Selected:

MATTHÉÜS 3: AFR53

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy