YouVersion Logo
Search Icon

II TIMÓTHEÜS 4

4
1 EK besweer jou dan voor God en die Here Jesus Christus, wat die lewende en die dode sal oordeel by sy verskyning en sy koninkryk:
2verkondig die woord; hou aan tydig en ontydig; weerlê, bestraf, vermaan in alle lankmoedigheid en lering;
3want daar sal 'n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle 'n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede,
4en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels.
5Maar wees jy in alles nugter; ly verdrukking; doen die werk van 'n evangelis; vervul jou bediening.
Paulus wys op sy einde en vra Timótheüs om na hom te kom. Mededeling aangaande verskillende persone.
6WANT ek word alreeds as 'n drankoffer uitgegiet, en die tyd van my heengaan is naby.
7 Ek het die goeie stryd gestry; ek het die wedloop voleindig; ek het die geloof behou.
8Verder is vir my weggelê die kroon van die geregtigheid wat die Here, die regverdige Regter, my in dié dag sal gee; en nie aan my alleen nie, maar ook aan almal wat sy verskyning liefgehad het.
9 Beywer jou om gou na my te kom.
10Want Demas het my verlaat, omdat hy die teenwoordige wêreld liefgekry het, en het na Thessaloníka vertrek, Crescens na Galásië, Titus na Dalmásië.
11 Lukas is alleen by my. Markus moet jy gaan haal en saam met jou bring, want hy kan my baie tot diens wees.
12 Tíchikus het ek na Éfese gestuur.
13As jy kom, moet jy die reismantel bring wat ek by Carpus in Troas laat bly het, en die boeke, veral die perkamente.
14 Alexander, die kopersmid, het my baie kwaad aangedoen. Mag die Here hom vergeld na sy werke!
15Jy moet ook vir hom oppas, want hy het ons woorde sterk teëgestaan.
16In my eerste verdediging het niemand my bygestaan nie, maar almal het my verlaat. Mag dit hulle nie toegereken word nie!
17Maar die Here het my bygestaan en my krag gegee, sodat deur my die prediking heeltemal volbring kan word en al die heidene dit kan hoor; en ek is uit die bek van die leeu verlos.
18En die Here sal my verlos van elke bose werk en my red om in sy hemelse koninkryk in te gaan. Aan Hom die heerlikheid tot in alle ewigheid! Amen.
19Groet Prisca en Áquila en die huis van Onesíforus.
20 Erástus het in Korinthe gebly. Trófimus het ek siek in Miléte agtergelaat.
21 Beywer jou om voor die winter te kom. Eubúlus en Pudens en Linus en Claudia en al die broeders groet jou.
22 Mag die Here Jesus Christus met jou gees wees! Die genade sy met julle! Amen.

Currently Selected:

II TIMÓTHEÜS 4: AFR53

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy