YouVersion Logo
Search Icon

Psalms 148

148
Julle moet die Here prys
1Julle moet die Here prys!
Julle wat in die hemel is, julle moet die Here prys,
julle moet Hom prys hoog daarbo.
2Al sy engele, julle moet Hom prys,
alles in die lug, julle moet Hom prys,
3son en maan, julle moet Hom prys,
al die sterre wat blink, julle moet Hom prys.
4Die hoogste hemel moet Hom prys,
en die water wat bokant die hemel is.
5Hulle moet die Naam van die Here prys,
want Hy het dit beveel, en alles was daar.
6Hy het vir elkeen 'n plek gegee, vir altyd en altyd,
Hy het gesê dit moet so wees, en dit is so.
7 Watermonsters en al die diep water,
julle is onder op die aarde, julle moet die Here prys.
8Vuur en hael, sneeu en miswolke,
stormwinde wat doen wat Hy sê,
9berge en al die heuwels,
vrugtebome en al die sederbome,
10wilde diere en mak diere,
diere wat kruip en voëls wat vlieg,
11konings van die aarde en al die volke,
leiers en almal wat oor die aarde regeer,
12jongmanne en jongmeisies,
ou manne saam met seuns,
13hulle almal moet die Naam van die Here prys,
want sy Naam is belangriker as alles.
Hy is Koning van die aarde en die hemel.
14Hy het sy volk sterk gemaak.
Almal wat in Hom glo, prys Hom.
Israel prys Hom, Israel, die volk wat Hom in sy tempel dien.
Julle moet die Here prys!

Currently Selected:

Psalms 148: ABA

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy