YouVersion Logo
Search Icon

Psalms 111

111
Mense moet die Here prys
1Julle moet die Here prys.
Ek wil vir die Here dankie sê in die gemeente,
in die vergadering van mense wat eerlik lewe.
2Die Here het groot dinge gedoen.
Almal wat bly is oor wat Hy gedoen het,
onthou dit.
3Sy werk is soos die werk van 'n koning,
Hy doen altyd reg aan mense.
4Hy laat ons dink aan sy wonderwerke.
Die Here is goed vir mense wat swaarkry,
Hy is genadig.
5Hy het kos gegee vir die mense wat Hom dien,
Hy onthou altyd sy verbond.
6Hy het vir sy volk gewys hoe sterk Hy is
toe Hy vir hulle die lande
van die ander volke gegee het.
7Hy bly altyd dieselfde,
en alles wat Hy doen, doen Hy reg.
Sy wette verander nooit nie.
8Hulle is vir altyd en altyd daar.
'n Mens moet doen wat die wette sê,
jy moet dit presies en eerlik doen.
9Toe die Here sy volk vrygemaak het,
het Hy gesê dat sy verbond vir altyd daar sal wees.
Hy is heilig, almal word bang
wanneer hulle sy Naam hoor.
10As iemand wysheid wil kry,
dan moet hy die Here eer en dien,
as iemand regtig verstandig wil word,
dan moet hy doen wat die Here wil hê.
Mense moet die Here prys,
hulle moet Hom altyd prys.

Currently Selected:

Psalms 111: ABA

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy