YouVersion Logo
Search Icon

Jesaja 35

35
Ons God sal kom
1Die droë woestyn
sal bly wees en juig,
daar sal blomme groei
in die woestyn.
2Daar sal oral blomme wees,
die woestyn sal juig,
meer nog, hy sal sing.
Die woestyn sal so mooi wees
soos die Libanon-berg
of soos die Karmel-berg
en die Saron-vlakte.
Almal sal sien
dat die Here die Koning is,
hulle sal sien dat ons God kom,
hulle sal die lig rondom Hom sien.
3Mense se hande hang pap
en hulle knieë bewe,
maar julle moet hulle
sterk maak en help.
4Sê vir die mense wat moedeloos is:
“Julle moet sterk wees,
julle moenie bang wees nie.
Kyk, julle God sal kom,
Hy kom om die vyande te straf
omdat hulle slegte dinge
aan julle gedoen het.
Julle God kom
en Hy sal julle red.”
5Dan sal die blinde mense
weer kan sien,
en die dowe mense
sal weer kan hoor.
6Dan sal lam mense
soos 'n takbok spring,
en stom mense sal sing,
want in die woestyn
sal daar fonteine wees,
en riviere wat vol water is.
7Grond wat droog geword het
in die son,
sal vol water wees.
Daar sal fonteine wees
waar daar niks water was nie.
Daar sal gras, riete en biesies groei
waar daar net jakkalse was.
8Daar sal 'n pad wees,
en die mense sal die pad noem “ Gewyde Pad.”
Onrein mense en dwase
sal nie op hierdie pad loop nie,
net mense wat reg lewe, sal daar loop.
9Leeus en ander wilde diere
sal nie op die pad loop nie.
Die Here het mense gered,
en net hulle sal daar loop.
10Die Here het sy mense vrygemaak,
en hulle sal sing
wanneer hulle in Sion kom.
Hulle sal vrolik en bly wees,
hulle sal nie swaarkry
en huil nie.

Currently Selected:

Jesaja 35: ABA

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy