YouVersion Logo
Search Icon

Esegiël 8

8
Die Here wys vir Esegiël wat die mense in Jerusalem doen
1Ek het in my huis gesit, en die leiers van Juda het voor my gesit. Dit was die vyfde dag van die sesde maand van die sesde jaar. Ek het gevoel die Here, Hy wat Here is, sit sy hand op my. 2Ek het gekyk en ek het 'n persoon gesien wat soos vuur lyk. Daar was iets wat gelyk het soos sy heupe, en onder sy heupe was daar ook vuur. Bo sy heupe was iets wat geblink het soos brons wat iemand blink gevryf het. 3Die persoon het iets uitgesteek, dit was soos 'n hand, en dit het my aan my hare gevat. Die Gees het my opgetel tussen die aarde en die hemel en Hy het my na Jerusalem gebring. Dit was dinge wat God vir my gewys het. Hy het my gebring tot by die ingang na die binneste poort. Die poort is noord van die tempel, daar waar die beeld staan wat vir die Here so baie kwaad maak. 4En toe sien ek die lig wat om die Koning, die God van Israel, is. Dit was dieselfde soos die lig wat ek gesien het in die vallei. 5Die Here het vir my gesê: “Mens, kyk noord.”
Ek het na die noorde gekyk, en toe sien ek daardie beeld by die altaar, die beeld wat vir God so kwaad maak. Dit was by die noordekant van die poort, by die ingang. 6Die Here het vir my gesê: “Mens, sien jy nou self wat hulle doen? Sien jy watter baie slegte dinge doen die volk Israel hier ver weg van die tempel? Maar jy sal nog meer slegte dinge sien.”
7Hy bring my toe tot by die ingang na die oop stuk grond, en daar is toe 'n gat in die muur. 8Toe sê die Here vir my: “Mens, jy moet nou die gat groter maak, sodat jy kan deurgaan.”
Ek het dit gedoen, en toe sien ek daar 'n ingang. 9Die Here het vir my gesê: “Gaan kyk na die baie slegte dinge wat hulle hier doen.”
10Ek het gaan kyk, en daar sien ek toe dat mense oral teen die mure verskillende goed geteken en uitgekrap het. Dit was tekeninge van lelike diere, klein diertjies en groot diere, en tekeninge van al die ander afgode van die volk Israel. 11Voor die tekeninge het 70 van die leiers van die volk Israel gestaan. Jaäsanja seun van Safan het tussen hulle gestaan. Elke leier het 'n wierook-pan in sy hand gehad, en die rook van die wierook het uit die panne opgekom. 12Toe sê die Here vir my: “Mens, sien jy wat doen die leiers van die volk Israel hier in die donker, elkeen in sy kamer wat vol afgodsbeelde is? Hulle dink Ek sien hulle nie, hulle dink die Here het die land gelos.”
13Maar toe sê die Here vir my: “Jy sal nog meer slegte dinge sien wat hulle doen.”
14Die Here bring my toe tot by die ingang van die poort noord van die tempel, en daar sien ek toe vroue sit, hulle was besig om te huil oor Tammus. 15Die Here het vir my gesê: “Mens, sien jy dit? Jy sal nog slegter dinge sien as hierdie dinge.”
16Toe bring Hy my na die binneste oop stuk grond by die tempel. Daar het omtrent 25 mans gestaan, en hulle rug was na die tempel. Hulle gesig was na die ooste, en hulle het na die ooste gebuig vir die son. Hulle was by die ingang van die tempel van die Here, tussen die voorportaal en die altaar. 17Toe sê die Here vir my: “Mens, sien jy dit? Die volk Juda doen baie slegte dinge hier, maar hulle doen nog baie meer slegte dinge op ander plekke. Hulle het ook nog slegte dinge gedoen aan die mense in die hele land. En dan kom hulle ook en hulle beledig My en hulle ruik aan druiweranke, hulle maak My baie kwaad. 18Nou sal Ek ook iets doen aan hulle. Ek is kwaad, Ek sal hulle nie vergewe nie en Ek sal nie jammer wees vir hulle nie. Hulle sal hard skree en vra dat Ek hulle moet help, maar Ek sal nie doen wat hulle vra nie.”

Currently Selected:

Esegiël 8: ABA

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy