YouVersion Logo
Search Icon

Esegiël 42

42
Die kamers noord en suid
1Daarna het die man my uitgebring na die buitenste oop stuk grond, by die noordekant. Daar het hy my gebring by die kamer oorkant die oop plek en oorkant die gebou by die noordekant van die tempel. 2Die gebou by die noordekant van die tempel was 100 el lank en 50 el breed. 3Die gebou was langs die binneste oop stuk grond wat daar 20 el breed was, en langs die oop plek in die buitenste oop stuk grond. Die gebou was op drie terrasse. 4Daar was gange voor die kamers langs die binnekant, die gange was tien el breed en 100 el lank. 'n Mens kon van die noordekant in die gange kom. 5Die boonste kamers was kleiner as die ander kamers onder, want die terrasse het boontoe smaller geword. 6Die kamers was op drie verdiepings, maar hulle het nie op pilare gestaan soos die oop stukke grond nie. Daarom was die boonste kamers kleiner as die middelste kamers en die onderste kamers. 7Daar was 'n muur buite langs die kamers. Die muur was tot by die buitenste oop stuk grond voor die kamers. Die muur was 50 el lank. 8Die gebou met die kamers wat langs die buitenste oop stuk grond was, was 50 el lank, maar oorkant die tempel was dit 100 el lank. 9'n Mens kon van die buitenste oop stuk grond by die oostekant inkom in die onderste kamers. 10Daar was ook kamers teen die muur van die buitenste oop stuk grond. Dit was oos van die oop plek en oorkant die ander gebou waarin die kamers was. 11Daar was 'n gang voor die kamers, dit was soos voor die kamers by die noordekant, en die kamers was so groot soos die kamers by die noordekant, en 'n mens kon ook so in die kamers inkom of uitgaan. 12Op die punt van die gang was daar 'n deur, dit was soos by die kamers by die noordekant. Die gang was langs die muur, oos van die ingang. 13Die man het vir my gesê: “Die kamers in die noorde en die kamers in die suide wat oorkant die oop plek is, is die gewyde kamers, die priesters wat by die altaar werk, eet die hoog-gewyde offers daar. Dit is 'n gewyde plek, en hulle moet die hoog-gewyde offers daar neersit, dit is die koring-offer, die sonde-offer en die skuld-offer. 14Die priesters wat in die gewyde plek ingekom het en wat daar gewerk het, moet eers hulle klere uittrek voordat hulle uitgaan na die buitenste oop stuk grond. Hoekom? Want die priesters se klere is gewyd. Hulle moet ander klere aantrek voordat hulle by die ander mense op die buitenste oop stuk grond kom.”
Die muur om die tempel-gronde
15Die man het die tempel klaar gemeet langs die binnekant en die buitekant. Toe het hy my buitetoe gebring deur die buitenste oos-poort en hy het die tempel-gronde buite-om gemeet. 16-20Die tempel-gronde was 500 meetriete lank en 500 meetriete breed, en daar was 'n muur rondom, die muur het die gewyde plek geskei van die wêreld daarbuite.

Currently Selected:

Esegiël 42: ABA

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy