YouVersion Logo
Search Icon

2 Kronieke 1

1
Die Here gee vir Salomo wysheid
(Kyk ook 1 Kon 3:2-15)
1Salomo seun van Dawid het koning geword en hy het seker gemaak dat hy koning sal bly. Sy God die Here was by hom. Die Here het hom 'n baie belangrike koning laat word. 2Salomo het al die leiers van die Israeliete laat roep. Dit was die leiers van 1 000 manne en die leiers van 100 manne, die regters, elke leier in die hele Israel, die familiehoofde. 3Hy en die hele volksvergadering saam met hom het na die offer-plek in die stad Gibeon gegaan, want die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn het, was daar. Dit was die tent wat Moses, die dienaar van die Here, in die woestyn laat maak het. 4Maar die kis van God was op die plek wat Dawid daarvoor laat gereedmaak het. Dawid het die kis voorheen uit Kirjat-Jearim gebring en hy het 'n tent vir die kis in Jerusalem laat opslaan. 5Die brons-altaar wat Besaleël seun van Uri seun van Gur gemaak het, was in Gibeon voor die tempel-tent van die Here. Salomo en die volksvergadering het daar vir die Here gaan vra wat hulle moet doen. 6Salomo het na die brons-altaar gegaan wat voor die tent was, voor die Here, en hy het 1 000 brand-offers op die altaar ge-offer.
7Daardie nag het God aan Salomo verskyn en vir hom gesê: “Jy mag vir My enige iets vra, Ek sal dit vir jou gee.”
8Salomo sê toe vir God: “U het gedoen wat U vir my pa belowe het, U het my koning laat word ná hom. 9Nou vra ek vir U, Here God, U moet nou alles waar laat word wat U vir my pa Dawid belowe het, want U het my koning laat word oor 'n volk wat so baie is soos die stof op die aarde. 10U moet nou vir my wysheid gee en U moet my help om alles te verstaan, sodat ek hierdie volk kan lei, want wie kan alleen oor hierdie groot volk van U regeer? Niemand.”
11God het vir Salomo gesê: “Jy het nie gevra om ryk te word en om baie goed te hê nie. Jy het nie gevra dat mense jou sal respekteer nie, of dat jy jou vyande sal kan doodmaak en dat jy lank sal lewe nie. Nee, jy het gevra dat jy wysheid sal hê en dat jy dinge sal ken, sodat jy goed kan regeer oor my volk, my volk oor wie Ek jou koning laat word het. 12Daarom gee Ek vir jou wysheid, Ek sal jou help om dinge te ken, maar Ek sal jou ook ryk laat word, en jy sal baie goed hê, en mense sal jou respekteer. Jy sal meer van alles hê as die konings wat vóór jou regeer het, en meer as die konings wat ná jou sal regeer.”
13Salomo het weggegaan van die offer-plek in Gibeon, van die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn het. Hy het teruggegaan na Jerusalem. Salomo was koning oor Israel.
Salomo koop oorlogkarre en perde
(Kyk ook 1 Kon 10:26-29)
14Salomo het oorlogkarre en oorlogperde bymekaargemaak. Hy het 1 400 oorlogkarre en 12 000 oorlogperde gehad. Hy het party van hulle laat bly in die stede waar hulle die oorlogkarre gehou het, en party het hy by hom in Jerusalem laat bly. 15Die koning het baie goud en silwer gehad, so baie soos die klippe in Jerusalem, en so baie sederhout soos die wildevyebome in die Laeveld. 16Salomo het perde uit Egipte en die land Kewe gekry. Die handelaars van die koning het die perde in Kewe gaan koop. 17Die handelaars het 600 sikkels silwer betaal vir een oorlogkar uit Egipte en 150 sikkels vir een perd, en hulle het oorlogkarre en perde verkoop aan al die konings van die Hetiete en die Arameërs.

Currently Selected:

2 Kronieke 1: ABA

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy