YouVersion Logo
Search Icon

1 Johannes 2

2
1Liewe vriende, ek skryf hierdie dinge vir julle omdat ek wil hê julle moenie sonde doen nie. Maar as ons sonde doen, dan kan ons seker wees dat ons Iemand by die Vader het wat vir Hom vra om ons te vergewe. Dit is Jesus Christus, Hy wat nie sonde gedoen het nie. 2Jesus het gesterf, Hy was die offer. God het Hom gebruik om ons sonde te versoen. Maar nie net óns sonde nie, Hy het ook die sonde van al die mense in die wêreld versoen.
Julle moet doen wat God wil hê
3As ons doen wat God se wette vir ons sê, dan weet ons dat ons Hom ken. 4As mense sê hulle ken God, maar hulle doen nie wat Hy sê hulle moet doen nie, dan lieg hulle en hulle aanvaar nie die waarheid nie. 5Maar as mense doen wat God vir hulle sê, dan kan 'n mens sien dat hulle regtig baie lief is vir God. As ons só lewe, dan weet ons dat ons by God is. 6As mense sê hulle is by God, dan moet hulle lewe soos Jesus gelewe het.
7Liewe vriende, ek gee nie vir julle 'n nuwe wet nie. Dit is 'n ou wet wat julle van die begin af het, 'n wet wat ons by Jesus gehoor het. 8Maar 'n mens kan ook sê dit is 'n nuwe wet wat ek vir julle gee, want wat Jesus gedoen het en wat julle doen, maak die wet nuut en waar. Die donker gaan verby en die ware lig skyn nou. 9As mense sê dat hulle in die lig van God lewe, maar hulle haat ander gelowiges, dan lewe daardie mense nog altyd in die donker. 10As mense lief is vir ander gelowiges, dan bly hulle in die lig. Daar is niks wat hulle verkeerde dinge laat doen nie. 11As mense ander gelowiges haat, dan lewe hulle in die donker. Hulle is soos mense wat in die donker loop en nie weet waarnatoe hulle gaan nie, want die donker maak hulle blind.
Julle moenie lief wees vir die wêreld nie
12Vriende, ek skryf hierdie brief
vir julle,
julle kan seker wees dat God
julle sondes vergewe het.
13Julle wat eerste begin het
om te glo,
ek skryf hierdie brief vir julle,
julle kan seker wees dat julle
Jesus van die begin af ken.
Julle wat later begin het
om te glo,
ek skryf hierdie brief vir julle,
julle kan seker wees dat julle
die duiwel oorwin het.
14Ja, vriende, ek skryf
hierdie brief vir julle,
julle kan seker wees dat julle
die Vader ken.
Julle wat eerste begin het
om te glo,
ek skryf hierdie brief vir julle,
julle kan seker wees dat julle
Jesus van die begin af ken.
Julle wat later begin het
om te glo,
ek skryf hierdie brief vir julle,
julle kan seker wees
dat julle sterk is
en dat julle alles aanvaar
wat God sê en dat julle
die duiwel oorwin het.
15Julle moenie lief wees vir hierdie sondige wêreld en vir die dinge van die wêreld nie. As julle lief is vir die wêreld, dan is julle nie lief vir die Vader nie. 16Die mense van die wêreld doen graag slegte dinge, hulle wil alles hê wat hulle sien, hulle is hoogmoedig oor wat hulle doen. Dit alles kom van die wêreld, dit kom nie van die Vader nie. 17Die wêreld en die dinge wat die mense van die wêreld graag doen, sal verdwyn, maar almal wat doen wat God wil hê, sal altyd lewe.
Die antichriste
18Vriende, die einde van die wêreld is naby. Julle het gehoor dat die antichris kom. Daar is nou baie antichriste, en daarom weet ons dat die einde van die wêreld naby is. 19Die antichriste was eers by ons, maar hulle het nooit saam met ons geglo nie. As hulle saam met ons geglo het, dan sou hulle by ons gebly het. Maar nou is hulle weg en almal kan sien dat hulle nie saam met ons geglo het nie.
20Maar julle is anders. Jesus, wat self heilig is, het julle met die Heilige Gees gesalf, en julle almal weet genoeg. 21Ek skryf nie hierdie brief vir julle omdat julle nie die waarheid ken nie. Julle ken die waarheid, en julle weet dat iets wat nou die waarheid is, nie later 'n leuen sal wees nie. 22Weet julle wie is die mense wat nie die waarheid praat nie? Dit is die mense wat nie wil aanvaar dat Jesus die Christus is nie. Hulle is die antichriste. Hulle aanvaar nie die Vader nie en hulle aanvaar ook nie die Seun nie. 23Almal wat nie die Seun aanvaar nie, behoort nie aan die Vader nie, maar almal wat in die Seun glo en wat dit sê, behoort aan die Vader.
24Julle moet die boodskap aanvaar wat julle van die begin af gehoor het. As julle dit aanvaar, dan is julle by die Seun en die Vader. 25En Jesus het belowe dat Hy ons altyd sal laat lewe.
26Ek skryf hierdie brief vir julle om julle te waarsku dat daar mense is wat vir julle verkeerd wil leer. 27Maar julle moet onthou dat Jesus julle met die Heilige Gees gesalf het, en die Heilige Gees bly in julle harte. Daarom is dit nie nodig dat iemand anders vir julle leer nie. Jesus het julle met die Heilige Gees gesalf, en die Heilige Gees leer vir julle alles. Hy praat die waarheid, Hy lieg nie. Hy het vir julle geleer om by Jesus te bly, en dit moet julle doen.
Kinders van God
28Vriende, julle moet by Jesus bly. Dan, wanneer Jesus weer kom, sal ons nie bang wees nie, ons sal nie wil wegvlug van Hom nie. 29Julle weet dat Jesus altyd gehoorsaam is aan God. Daarom moet julle ook onthou: Almal wat lewe soos God wil hê, is kinders van God.

Currently Selected:

1 Johannes 2: ABA

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy