YouVersion Logo
Search Icon

TITUS 3

3
1Herinner die mense om hulle aan die regeerders en gesagsinstansies te onderwerp. Hulle moet aan hulle gehoorsaam wees, altyd gereed om te doen wat goed is. 2Hulle moet van niemand kwaadpraat nie en nie bakleierig wees nie. Hulle moet inskiklik wees en altyd saggeaard teenoor almal optree.
3Eens op ’n tyd was ons ook dwaas en ongehoorsaam. Ons was verlei en verslaaf aan baie begeertes en allerlei bose plesiere. Ons het ons lewens deurgebring in boosheid en jaloesie. Ons was haatlik en het mekaar gehaat.
4Toe het die goedheid
van God ons Verlosser
en sy liefde vir mense verskyn.
5Hy het ons verlos,
nie op grond van wat ons gedoen het
vir ons vryspraak nie,
maar slegs op grond
van sy eie ontferming.
Dit het Hy vermag
deur die reiniging
van die weergeboorte
en deur die Heilige Gees
wat ons vernuwe.
6Hy het die Gees ryklik
op ons uitgestort
op grond van wat Jesus Christus
ons Verlosser gedoen het.
7Só is ons vrygespreek
deur sy genade,
en het ons erfgename geword
van die ewige lewe
waarop ons hoop.
8Hierdie boodskap is betroubaar. Daarom wil ek hê jy moet hierdie dinge met groot beslistheid handhaaf sodat hulle wat op God vertrou, hulle op goeie werke kan toespits, dit wil sê werke wat goed en voordelig vir mense is.
Paulus groet met ’n paar praktiese wenke
9Moet tog nie betrokke raak in dwase twisgesprekke en geslagsregisters of in twiste en struwelinge oor die wet nie, want dit is onproduktief en tevergeefs. 10Vermy ’n skeurmaker wat na een of twee vermanings nog daarmee voortgaan 11omdat jy weet dat sulke persone die spoor byster is. Deur hulle eie sonde veroordeel hulle hulleself.
12Wanneer ek Artemas of Tigikus na jou toe stuur, moet jy jou bes doen om my in Nikopolis te ontmoet, want ek het besluit om daar te oorwinter. 13Doen jou bes om Senas, die regsgeleerde, en Apollos met hulle reis te help sodat hulle niks kortkom nie.
14Ons mense moet leer om nie onproduktief te leef nie. Hulle moet uitmunt in goeie dade om in ander se behoeftes te voorsien.
15Almal hier by my stuur groete. Dra ons groete oor aan al die gelowiges wat liefde teenoor ons koester.
Mag die genade#3:15 Of onverdiende goedheid. van God met julle almal wees.

Currently Selected:

TITUS 3: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy