YouVersion Logo
Search Icon

HOOGLIED 8

8
1“Was jy nou maar net my broer!
Het jy ook maar
aan my ma gedrink,
dan kon ek sonder skaamte jou soen
as ek jou buite teëkom.
2Ek kon jou dan bring
na my ma se huis,
sy wat my kon leer
hoe om lief te hê.
Ek sou jou laat drink
van my kruiewyn,
van my soet granaatwyn.
3Sy linkerarm is onder my kop.
Met sy regterarm omhels hy my.
4“Belowe my,
vroue van Jerusalem,
dat julle nie die liefde
sal aanblaas
voordat die tyd daarvoor
ryp is nie.”
Jong vroue van Jerusalem:
5“Wie kom daar uit die woestyn
terwyl sy leun
op haar beminde?”
Jong vrou:
“Onder die appelboom
het ek jou opgewek,
daar waar jou ma
jou in die wêreld gebring het,
waar sy met pyn
aan jou geboorte gegee het.
6Hou my vas teen jou,
soos die seëlring op jou bors,
soos die seëlring
aan jou vinger.
Liefde is so sterk soos die dood.
Liefdesdrif so magtig
soos die doderyk.
Dit brand soos ’n vuurvlam
wat alles verteer.
7’n Stroom water
kan die liefde nie blus nie.
Riviere kan dit nie wegspoel nie.
Selfs al wil iemand liefde koop
met alles wat hy besit,
sal hy net uitgelag word.”
Jong vrou se broers:
8“Ons sussie is nog baie jonk.
Borste het sy nog nie.
Wat gaan ons doen die dag
as iemand vra
om met haar te trou?
9As sy ’n muur#8:9a Of kuis was. was,
het ons ’n silwertoring
rondom haar gebou.
As sy ’n deur#8:9b Of vrygewig met haar lyf was. was,
het ons haar afgehok
met sederplanke.”
Jong vrou:
10“Ek is ’n muur.#8:10 Of Ek is kuis.
My borste is al soos torings.
My beminde is tevrede met my.
11“Salomo besit ’n wingerd
in Baäl-Hamon.
Hy huur dit uit aan mense
wat die wingerd bewerk.
Daarvoor betaal hulle hom elkeen
11 000 gram silwer#8:11 Grondteks 1 000 stukke silwer..
12Maar ek werk alleen in my wingerd.
Salomo,
hou maar die 11 000 gram silwer#8:12a Grondteks 1 000 stukke silwer.
vir jouself
en gee 2 200 gram silwer#8:12b Grondteks 200 stukke silwer.
vir die mense
wat in die wingerd werk.”
Jong man:
13“Jy wat in die tuine woon,
jou vriende luister na jou stem.
Laat my ook jou stem hoor!”
Jong vrou:
14“Maak gou,
my liefling.
Kom na my toe
so vinnig soos ’n ribbok,
soos ’n jong takbok
in die kruieberge!”

Currently Selected:

HOOGLIED 8: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy