YouVersion Logo
Search Icon

PSALMS 58

58
God se oordeel is regverdig
1Vir die koorleier: Op die wysie van “Moenie verwoes nie”. Van Dawid. ’n Gedig.
2Julle wat regeer,
is julle uitspraak
regtig regverdig?
Is julle beslissings oor mense billik?
3Nee! In julle gedagtes
beplan julle reeds boosheid,
met julle eie hande
versprei julle geweld in die land.
4Bose mense is so
vanaf geboorte;
van kleintyd af
praat hulle leuens.
5Hulle gif is soos die gif
van slange;
hulle is soos ’n adder
wat doof is
6en nie luister
na die slangbesweerder nie,
hoe bedrewe die besweerder
ook al is.
7God, slaan hulle tande stukkend
in hulle mond.
Here, breek die slagtande
van hierdie leeus.
8Laat hulle verdwyn
soos water wat wegsypel.
Laat hulle vertrap word
soos droë gras#58:8 Grondteks Hy trap sy pyl asof dit verdroog is. Alternatiewe vertaling Maak hulle wapens waardeloos in hulle hande.,
9soos ’n misgeboorte
wat wegsmelt#58:9 Alternatiewe vertaling laat hulle wees soos slakke wat oplos tot slyk.,
soos ’n doodgeborene
wat nie die son sien nie.
10Vinniger
as wat ’n pot warm word
oor ’n doringvuur
sal God hulle wegvee,
sowel jonk as oud.
11Die getroue sal bly wees
by aanskoue
van die vergelding.
Die bloed van die goddeloses
sal hy afwas van sy voete.
12Dan sal almal sê:
“Daar is regtig beloning
vir dié wat toegewyd lewe;
daar is beslis ’n God
wat regverdig oordeel op aarde.”

Currently Selected:

PSALMS 58: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy