YouVersion Logo
Search Icon

OBADJA 1

1
1Dit is wat Obadja gesien#1:1 Die woord sien word ook met visioen of gesig vertaal. het: Die oppermagtige Here sê die volgende oor die land Edom.
’n Boodskap van oordeel oor Edom
Ons het ’n boodskap gehoor wat van die Here af kom. ’n Verteenwoordiger is na die nasies gestuur om te sê: “Maak julle almal slaggereed! Kry julle leërs bymekaar en laat ons Edom aanval!”
2Die Here sê: “Edom, Ek maak jou
’n klein volkie onder die nasies.
Jy sal niksseggend en veragtelik wees.
3Jy is hooghartig
omdat jy in ’n klipvesting woon
en jou blyplek hoog in die berge is.
Vol hoogmoed vra jy:
‘Wie sal ons ooit hierbo kan bereik?’
Maar moenie jouself bedrieg nie!
4“Ek, die Here, sê:
Al sweef jy so hoog soos arende
en bou jy neste tussen die sterre,
Ek sal jou met ’n slag
aarde toe bring.
5As diewe in die nag inbreek,
vat hulle nie alles nie.
Die mense wat druiwe pluk,
los van die trossies oor.
Maar jou vyande
sal jou heeltemal uitwis!
6Elke hoek en kant van Edom#1:6, 8, 9 Grondteks Esau.
sal deursoek word.
Alles wat waardevol is,
sal gevat word.
7Al jou bondgenote sal teen jou draai.
Hulle sal help
om jou uit jou eie land te verjaag.
Hulle maak beloftes van vrede
terwyl hulle jou ondergang beplan.
Mense wat van jou afhanklik was,
sal vir jou ’n lokval stel
sonder dat jy enigiets vermoed.”
8Die Here sê:
“Die dag as dit gebeur,
sal daar nie meer
’n enkele verstandige mens
in die hele Edom#1:6, 8, 9 Grondteks Esau. oor wees nie!
Ek sal al die slim
en verstandige mense
uitwis in die berggebiede van
Edom.
9Jou dapper soldate uit Teman
sal vreesbevange wees
en al die mense
bo in die berge van Edom#1:6, 8, 9 Grondteks Esau.
sal doodgemaak word.”
Die rede vir Edom se straf
10“Hoekom sal dit gebeur?
Omdat jy gewelddadig was
teenoor Israel#1:10 Grondteks jou broer Jakob.
wat eintlik jou bloedverwante is.
Die vernedering daaroor
sal jy vir altyd moet dra.
Jy sal heeltemal uitgewis word.
11Toe Israel ’n tyd beleef het
toe hulp regtig nodig was,
het jy jou bloedverwante
in die steek gelaat.
Jy het afsydig gestaan en toekyk
toe vreemde invallers
Jerusalem binnegeval het.
Jy het nie ’n vinger gelig om te help
toe hulle rykdom weggedra
en lootjies getrek het
om die stad te verdeel nie.
Jy het soos een van Israel se vyande
opgetree.
12Jy het verkeerd opgetree!
Jy moes jou nie verlekker het
toe hulle jou bloedverwante
in ballingskap weggevoer het
na verafgeleë lande nie.
Jy moes nie so bly gewees het
oor die ongeluk
wat hulle getref het nie.
Dit was nie vir jou nodig
om met minagting
op hulle neer te sien
oor hulle ellende nie.
13Jy moes nie
die poorte van my volk ingeval het
terwyl so ’n groot ramp
hulle getref het nie.
Jy moes nie
met genoegdoening toegekyk het
terwyl hulle ondergegaan het nie.
Jy moes nie
hulle goed gesteel het
toe so ’n ramp hulle getref het nie.
14Jy moes nie
by die kruisings gaan staan het
om die vlugtelinge dood te maak nie.
Jy moes ook nie
in hierdie rampspoedige tyd
die oorlewendes van die aanval
aan hulle vyande uitgelewer het nie.”
Edom verwoes, Israel herstel
15“Die dag is naby dat Ek, die Here,
met die goddelose nasies
sal afreken!
Edom, soos jy met ander gemaak het,
so sal met jou gedoen word.
Jy sal terugbetaal word#1:15 Grondteks Die verkeerde dinge sal op jou kop terugkom.
vir alles wat jy
aan ander gedoen het.
16My volk moes op my heilige berg#1:16 my heilige berg verwys na die plek waar die tempel van die Here staan.
die beker van straf drink.
Net so sal jy
en die nasies in die omgewing
die straf moet drink
wat Ek op julle gaan uitstort.
Die nasies sal drink en rondslinger,
totaal uit die geskiedenis verdwyn.
Dit sal wees asof julle
nooit bestaan het nie.
17“Jerusalem#1:17a Grondteks Sionsberg, wat verwys na die berg waarop die tempel gebou is. sal
’n toevlugsoord wees.
Dit sal ’n heilige plek wees.
Die mense van Israel#1:17b Grondteks Die huis van Jakob.
sal weer terugkom
om hulle erfdeel op te eis.
18“Ek, die Here, sê:
Israel#1:18a Grondteks Jou broer Jakob. sal wees soos vuur
en Josef se nageslag
soos ’n vlam wat brand.
Edom#1:18b, 19, 21 Grondteks Esau. sal wees
soos ’n veld vol droë gras.
Die vuur sal versprei
soos ’n veldbrand en alles verteer.
Niemand van die mense van Edom
sal oorleef nie.
19Die mense wat in die Suidland bly,
sal die berglande van Edom#1:18b, 19, 21 Grondteks Esau. beset.
Dié wat kom van die heuwels
van Juda
sal die Filistyne se kusvlakte kry.
Nog ander
sal die velde van Efraim oorneem
en ook dié van Samaria.
Die mense van Benjamin
sal die Gileadgebied inpalm.
20Die mense van Israel
sal uit ballingskap
na hulle land toe terugkom.
Hulle sal Kanaän
tot so ver noord soos Sarfat
in besit neem.
Mense wat uit Jerusalem weggevat is
en nou ballinge is in Sefarad,
sal na hulle land toe terugkom
en weer kom woon
in die dorpe van die Suidland.
21Die bevryders van Jerusalem
sal na die Sionsberg toe gaan
en oor die bergland Edom#1:18b, 19, 21 Grondteks Esau. regeer.
Die Here sal Koning wees!”

Currently Selected:

OBADJA 1: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy