YouVersion Logo
Search Icon

MATTEUS 5

5
Jesus se Bergpreek
1Toe Jesus die groot skare mense bymekaar sien, het Hy teen die berg uitgeklim. Toe Hy gaan sit#5:1 Die tipiese posisie van ’n leermeester., kom sy dissipels na Hom toe.
2Hy het begin om hulle soos volg te onderrig:
Hoe burgers van God se koninkryk lyk
3“Gelukkig is dié mense
wat weet hoe nodig hulle God
het#5:3a Grondteks armes van gees.,
want die koninkryk van die
hemele#5:3b Die uitdrukking koninkryk van die hemele is saaklik identies met koninkryk van God. Uit vrees dat God se Naam ydellik gebruik sal word, het die Jode dikwels omskrywings vir God gebruik, soos hemele. is húlle deel.
4Gelukkig is die treurendes,
want God sal self hulle trane
afvee.
5Gelukkig is dié wat sag van hart is,
want die nuwe aarde
sal hulle erfporsie wees.
6Gelukkig is dié wat honger
en dors na wat voor God reg is#5:6 Grondteks geregtigheid.,
want Hy sal hulle
hartsverlange bevredig.
7Gelukkig is dié wat met ontferming
uitreik na mense in nood,
want God sal Hom
oor húlle ontferm.
8Gelukkig is dié wie se harte
volkome op God gerig is#5:8 Grondteks wat rein van hart is.,
want hulle sal vir God sien.
9Gelukkig is die vredemakers,
want God sal vir hulle sê:
‘Julle is mý kinders.’#5:9 Of Julle aard na My.
10Gelukkig is dié wat vervolg word
ter wille van wat voor God reg is,
want die koninkryk van die
hemele is húlle deel.
11“Gelukkig is julle wanneer julle bespot en vervolg word en allerhande leuens oor julle versprei word omdat julle my dissipels is. 12Wees bly, ja, jubel daaroor, want God sal julle ryklik daarvoor beloon. Onthou, so het hulle die profete voor julle ook vervolg.”
Die taak van Jesus se volgelinge
13“Julle is die sout wat die aarde ’n beter plek moet maak. Maar as die sout verslaan het, kry jy dit op geen manier weer sout nie. Dit is totaal onbruikbaar. Al waarvoor dit goed is, is om buite op die straat uitgegooi en deur die mense platgetrap te word.
14“Julle is die lig wat die wêreld moet verlig. ’n Stad wat bo-op ’n berg lê, kan mos nie weggesteek word nie! 15’n Mens steek ook nie ’n lamp op en maak dit onder ’n emmer toe nie. Inteendeel! Jy sit dit bo-op ’n lampstaander. Dan maak dit lig vir almal in die huis.
16“Julle moet so voorbeeldig lewe dat julle ’n helder lig sal laat uitstraal. Dan sal die mense dit sien en julle hemelse Vader daarvoor prys!”
Jesus se volgelinge en God se wet
17“Julle moenie die rede vir my koms misverstaan nie. Ek het nie gekom om ’n streep deur die wet of die profete te trek nie. Ek het gekom om die ware bedoeling van God se wet te laat uitkom. 18Ek verseker julle, al sou die hemel en aarde ophou bestaan, sal die wet definitief tot in sy fynste detail geldig bly#5:18 Grondteks geen enkele jota of letterstrepie van die wet (sal verbygaan nie). totdat God se bedoeling daarmee bereik is.
19“As jy dus die kleinste van God se opdragte opsy sou skuif en ander leer om dit ook te doen, sal jy die kleinste wees in God se koninkryk. Maar as jy God se wet tot in sy kleinste detail respekteer en gehoorsaam, sal jy groot wees in sy koninkryk.
20“Want Ek sê vir julle, as julle nie die skrifkenners en die Fariseërs oortref in hoe julle God se wil uitleef nie, sal julle beslis nie toegelaat word in sy koninkryk nie.”
Oor kwaad word en vrede maak
21“Julle het gehoor dat vir ons voorouers gesê is: ‘Jy mag nie moord pleeg nie.#5:21 Eks 20:13; Deut 5:17. As jy moord pleeg, sal jy voor die regbank rekenskap moet gee.’ 22Maar Ek sê vir julle, elkeen wat#5:22a Sommige manuskripte het ook nog sonder rede. vir sy medemens#5:22b, 23 Grondteks broer. kwaad bly, sal al klaar voor die regbank moet verantwoording doen. As jy vir iemand sê ‘jou gek’, sal jy jou voor die hoogste regbank#5:22c Grondteks die Sanhedrin. moet verantwoord. En as jy vir iemand sê ‘jou onnosel’, sal jy jou in die hel moet verantwoord.
23“As jy dus jou offer na die altaar toe bring en dit val jou daar by dat jou medemens#5:22b, 23 Grondteks broer. ’n grief teen jou koester, 24los jou offer net daar voor die altaar en gaan maak eers vrede#5:24 Of versoen jou. met daardie persoon. Kom dan terug en bring jou offer.
25“Sorg dat jy baie gou op goeie voet met jou teenstander kom; anders gaan daardie persoon jou aan die regter oorhandig, en die regter oorhandig jou aan die hofbeampte en jy word in die tronk gegooi.
26“Ek verseker jou, jy gaan beslis nie daar uitkom voordat jy elke sent afbetaal het nie.”
Huweliksontrou begin by jou oog
27“Julle het gehoor dat daar gesê is: ‘Jy mag nie egbreuk pleeg nie.’#5:27 Eks 20:14; Deut 5:18. 28Maar Ek sê vir julle, elke man wat met ’n wellustige oog na ’n ander vrou kyk, het al klaar in sy hart egbreuk gepleeg. 29En as jou regteroog#5:29 ’n Mens se regteroog is as jou beste oog beskou. jou laat struikel, pluk dit liewer uit en gooi dit weg van jou af. Dit is vir jou beter dat een van jou liggaamsdele tot niet gaan as dat jou hele liggaam in die hel eindig. 30Net so, as jou regterhand jou laat struikel, kap dit af en gooi dit weg van jou af. Dit is vir jou beter om net een van jou liggaamsdele te verloor as dat jou hele liggaam in die hel eindig.”
Egskeiding is ’n uiters ernstige saak
31“Daar is gesê: ‘Al wat ’n man nodig het om van sy vrou te skei is om aan haar ’n skeisertifikaat te oorhandig.’#5:31 Deut 24:1. 32Maar Ek sê vir julle, elkeen wat van sy vrou skei, behalwe oor huweliksontrou, veroorsaak dat sy egbreuk pleeg.#5:32 Dit wil sê as sy weer trou. En elkeen wat met so ’n geskeide vrou trou, pleeg ook egbreuk.”
Wees mense van julle woord
33“Verder het julle gehoor dat daar vir ons voorouers gesê is: ‘Jy mag nie ’n vals eed aflê nie. Jy moet ’n eed wat jy voor die Here gesweer het, nakom.’#5:33 Lev 19:12; Num 30:2; Deut 23:21. 34Maar Ek sê vir julle, julle moet glad nie sweer nie.
“As jy sê: ‘Ek sweer by die hemel,’ dan is dit nog steeds ’n heilige eed omdat die hemel God se troon is. 35As jy sê ‘by die aarde’, is dit heilig omdat die aarde ’n rusplek vir God se voet is. En as jy sê ‘by Jerusalem’, is dit heilig omdat Jerusalem die stad van God, die groot Koning, is. 36Moet selfs nie sê: ‘Ek sweer by my kop’ nie, want jy kan nie eers een haar daarvan wit of swart maak nie.
37“Sorg dat julle ja altyd ja bly en julle nee altyd nee. Enigiets meer as dit is uit die bose.”
Moenie wraak neem nie – oorwin die kwaad met die goeie
38“Julle het gehoor dat daar gesê is: ‘’n Oog vir ’n oog en ’n tand vir ’n tand.’#5:38 Eks 21:24; Lev 24:20; Deut 19:21. 39Maar Ek sê vir julle, julle moet julle nie teen ’n slegte mens verset nie. As mense jou op jou regterwang klap, draai vir hulle ook jou ander wang. 40En gee vir hulle wat jou hof toe wil vat omdat hulle jou onderkleed#5:40a Die lang onderkleed was die kleed wat normaalweg gedra en waarin ook gewerk is. wil hê, ook jou bo-kleed#5:40b Die mantel wat teen reën en koue beskerm het, maar vir fisiese aktiwiteite uitgetrek is.. 41As ’n soldaat jou dwing om sy goed een kilometer ver te dra, dra dit vir hom twee kilometer ver.
42“Géé vir die een wat iets van jou vra, en moenie jou rug draai op iemand wat by jou wil leen nie.”
Julle liefde moet sonder grense wees
43“Julle het gehoor dat gesê is: ‘Jy moet jou eie mense#5:43a Grondteks naaste. liefhê, maar jy hoef nie jou vyand lief te hê#5:43b Grondteks haat; in hierdie soort konteks beteken dit gewoonlik nie liefhê nie of minder liefhê. nie.’#5:43c Vgl Lev 19:18. 44Maar Ek sê vir julle, julle moet julle vyande liefhê en bid vir dié wat julle vervolg. 45Só sal julle optree soos ware kinders van julle hemelse Vader. Hy laat immers sy son opgaan oor slegtes en goeies. En Hy laat sy reën val op dié wat reg doen, maar ook op dié wat verkeerd doen.
46“As julle net dié liefhet wat vir julle liefhet, watter beloning is daar dan vir julle? Selfs korrupte#5:46 Destyds is tollenaars beskou as mense wat hulle geld op oneerlike wyse bekom het. Vgl Luk 19:8. tollenaars doen presies dieselfde. 47En as julle net julle eie mense groet, wat besonders doen julle dan? Doen die ongelowiges nie ook maar dieselfde nie?
48“Wees julle dan volkome in julle liefde, soos julle hemelse Vader volkome in sý liefde is. Hy het mos álle mense lief.”

Currently Selected:

MATTEUS 5: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy