YouVersion Logo
Search Icon

LEVITIKUS 1

1
Voorskrifte vir die brandoffer
1Die Here het na Moses van die tent van ontmoeting#1:1, 3, 5 Of tabernakel. af geroep en vir hom gesê: 2“Gee die volgende opdragte vir die Israeliete: Wanneer julle vir die Here diere offer, moet julle dit uit julle bees- of skaaptroppe vat.
3“As julle ’n bees as ’n brandoffer bring, bring dan ’n bul sonder enige liggaamsgebrek. Bring die bul na die ingang van die tent van ontmoeting#1:1, 3, 5 Of tabernakel. sodat dit vir die Here aanvaarbaar kan wees. 4Lê jou hand op die kop van die brandoffer sodat die Here dit as plaasvervanger vir jou kan aanvaar en dit so vir jou versoening kan bewerk. 5Slag die bul in die teenwoordigheid van die Here. Die seuns van Aäron, die priesters, sal die bloed vat en dit teen die kante van die altaar sprinkel wat voor die tent van ontmoeting#1:1, 3, 5 Of tabernakel. staan. 6Wanneer die dier geslag en in stukke gesny is, 7sal die seuns van Aäron die priester op die altaar ’n houtvuur maak. 8Aäron se seuns sal dan die stukke van die dier saam met die kop en die vet op die houtvuur neersit. 9Maar die binnegoed en die pote moet eers met water gewas word. Dan sal die priesters die hele offer op die altaar verbrand. Dit is die brandoffer, met vuur gemaak en aangenaam vir die Here.
10“As julle ’n skaap of bok bring as ’n brandoffer, bring ’n ram sonder enige liggaamsgebrek. 11Slag die dier aan die noordekant van die altaar in die teenwoordigheid van die Here. Aäron se seuns, die priesters, sal die bloed langs die kante van die altaar sprinkel. 12Sny die dier in stukke. Die priesters sal die stukke van die offer saam met die kop en die vet bo-op die altaar met die houtvuur neersit. 13Die binnegoed en die pote moet eers met water gewas word. Dan sal die priesters die hele offer op die altaar verbrand. Dit is die brandoffer, gemaak met vuur en aangenaam vir die Here.
14“As julle ’n voël bring as brandoffer vir die Here, kies ’n tortelduif of ’n jong duif. 15Die priester sal die voël na die altaar toe neem, sy nek omdraai en die kop op die altaar verbrand. Hy moet dan die bloed langs die kante van die altaar laat uitdrup. 16Die priester moet daarna die krop en die vere verwyder en dit aan die oostekant van die altaar in die as gooi. 17Die priester moet dan die voël aan sy vlerke uitmekaartrek, maar sonder om dit middeldeur te skeur. Dit is die brandoffer, gemaak met vuur en aangenaam vir die Here.”

Currently Selected:

LEVITIKUS 1: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy