YouVersion Logo
Search Icon

JONA 3

3
Jona gaan na Nineve toe
1Die Here het ’n tweede keer met Jona gepraat: 2“Maak jou gereed en gaan na die groot stad Nineve. Dra die oordeelsboodskap wat Ek jou gegee het aan hulle oor.”
3Jona het gereedgemaak en na Nineve toe gegaan soos die Here hom beveel het. Nineve was so groot dat dit drie dae vat om alles te sien. 4Die eerste dag toe Jona in die stad ingegaan het, het hy uitgeroep: “Oor 40 dae sal Nineve vernietig word!” 5Die mense van Nineve het God se boodskap geglo. Almal, van groot tot klein, het besluit om te vas en om rouklere aan te trek.
6Toe die koning van Nineve hoor wat Jona sê, het hy van sy troon af opgestaan en sy koninklike klere uitgetrek. Hy het rouklere aangetrek en op ’n ashoop gaan sit.
7Die koning en sy amptenare het toe die volgende bevel deur die stad gestuur: “Niemand nie, nie eers die diere, mag enigsins iets eet of drink nie. 8Almal moet rouklere aantrek en ernstig tot God bid. Almal moet ophou om kwaad te doen en geweld te pleeg. 9Wie weet, miskien sal God ons genadig wees en ons nie in sy woede vernietig nie.”
10Toe God sien dat hulle opgehou het om verkeerd te doen, was Hy hulle genadig. Hy het daarvan afgesien om hulle te vernietig soos Hy gedreig het om te doen.

Currently Selected:

JONA 3: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy