YouVersion Logo
Search Icon

JESAJA 21

21
’n Boodskap oor Babilon
1Hierdie boodskap het na my
gekom oor Babel#21:1 Grondteks die woestyn by die see.:
Rampe storm uit die woestyn
op jou af
soos dwarrelwinde
wat deur die Negevwoestyn
waai.
2Ek sien
’n skrikwekkende visioen:
Ek sien dat jy geplunder
en verwoes is.
Gaan aan, mense van Elam
en Medië,
neem deel aan die beleg.
Babilon sal val,
en die gekla van die nasies
wat deur haar verslaaf is,
sal ophou.
3My lyf pyn
soos dié van ’n vrou
wat besig is om geboorte
aan ’n kind te gee.
Ek is platgeslaan
deur wat ek hoor,
en verskrik
deur wat ek sien.
4My hart steier, ek is bang.
Ek wens dat ek kan slaap,
maar ek is te bang.
5Hulle maak reg
vir ’n groot fees.
Hulle gooi matte uit
vir mense om op te sit.
Almal eet en drink.
Gou! Gryp julle skilde
en maak reg vir die geveg!
Julle word aangeval!
6Intussen het die Here
vir my gesê:
“Sit ’n wag op die stadsmuur
sodat hy kan sê wat gebeur.
7Wanneer hy waens sien
wat deur perde getrek word
en soldate op donkies en kamele,
moet hy alarm maak.”
8Die wag#21:8 Grondteks leeu. Hier soos in Dooie See-rolle en Siriese weergawe. het uitgeroep:
“Dag na dag het ek
op die wagtoring gestaan,
Meneer.
Nag na nag
het ek op my pos gebly.
9En nou, uiteindelik,
kom die strydwaens
en soldate.”
Die wag het toe gesê:
“Babilon het geval!
Al die afgode van Babilon
lê stukkend op die grond!”
10My volk, hulle het jou
op die dorsvloer
vertrap en uitgewan.
Ek het vir jou alles gesê
wat die Here, die Almagtige,
die God van Israel
vir my gesê het.
’n Boodskap oor Edom
11Hierdie boodskap het na my
gekom oor Edom#21:11 Grondteks Duma. Die woord beteken stilte, en is ’n woordspeling met Edom.:
Iemand van Seïr af
hou aan roep na my:
“Wag, hoe lank
voor die môre aanbreek?
Wanneer is die nag verby?”
12Die wag antwoord:
“Die môre het aangebreek,
maar net daarna
kom die nag.
As julle weer wil kom vra,
kom terug en vra maar.”
’n Boodskap oor Arabië
13Hierdie boodskap het na my
gekom oor Arabië:
Handelaars van Dedan,
wat met julle handelsware
rondreis,
kruip weg in die woestyne
van Arabië!
14Mense van Tema,
bring kos en water
vir die moeë vlugtelinge.
15Hulle het gevlug
voor die swaarde
en pyle van die oorlog.
Hulle vlug vir die wreedheid
van die geveg.
16Dit is wat die Here
vir my gesê het:
“Binne ’n jaar, so ondraaglik
soos dit vir ’n dagloner is
om hom af te sloof,
sal al die glorie van Kedar
tot ’n einde kom.
17Net ’n paar
van sy dapperste soldate
sal oorleef.
Ek, die Here, die God van Israel
het so gesê!”

Currently Selected:

JESAJA 21: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy