YouVersion Logo
Search Icon

GENESIS 17

17
Abram word Abraham
1Toe Abram 99 jaar oud was, het die Here weer aan hom verskyn en gesê: “Ek is God die Almagtige. Lewe in my teenwoordigheid en wees opreg. 2Ek sal my verbond met jou maak en jy sal ’n groot nasie word.” 3Toe Abram dit hoor, val hy met sy gesig op die grond. God sê toe vir hom: 4“Dit is my verbond wat Ek met jou sluit: Jy sal die voorsaat wees van baie nasies. 5Ek verander jou naam. Jy sal nie meer Abram genoem word nie, maar jy sal as Abraham#17:5 Abram beteken verhewe vader. Abraham word meestal beskou as vader van baie. Die een is egter bloot ’n fonetiese variasie van die ander. ’n Verskil in betekenis het op ’n stadium waarskynlik tog ’n rol gespeel. bekend staan, want jy sal die voorvader wees van baie nasies. 6Ek sal jou talle nasate gee wat uit baie nasies sal bestaan. Daar sal ook konings uit jou nageslag voortkom.
7“Ek sal my verbond tussen My en jou bevestig van geslag tot geslag. Dit sal vir altyd voortduur. Ek sal altyd jou God wees en ook die God van jou nageslag. 8Hierdie hele land Kanaän waar jy nou bly, gee Ek vir jou en jou nageslag, vir altyd. En Ek sal hulle God wees.”
Die besnydenis
9“Jou deel van die ooreenkoms#17:9 Grondteks verbond.,” sê God vir Abraham, “is om die voorwaardes van die verbond na te kom. Dit geld vir jou en al die geslagte ná jou. 10Dít is my verbond wat jy en jou nageslag moet onderhou: Elke manlike persoon onder julle moet besny word. 11Julle moet aan die voorhuid besny word. Dit is die teken van die verbond tussen My en julle. 12Elke seun moet op die agtste dag na geboorte besny word. Dit geld nie net jou familie nie, maar ook alle slawe wat in jou huishouding gebore word en dié wat as slawe gekoop word. 13Almal moet besny word. So sal julle aan julle liggame die teken dra van my ewigdurende verbond. 14Elkeen wat nie besny is nie, sal afgesny word van God se belofte omdat hy die verbond verbreek het.”
Sara sal Isak in die wêreld bring
15Verder sê God: “Jou vrou Sarai sal nie meer so genoem word nie. Van nou af sal haar naam Sara#17:15 Sara en Sarai beteken albei prinses. Dit is ’n alternatiewe uitspraak van dieselfde naam. wees. 16Ek sal haar seën en sy sal vir jou ’n seun in die wêreld bring. Ek sal haar beslis ryklik seën. Sy sal moeder word van baie nasies en uit haar nageslag sal daar konings voortkom.”
17Toe het Abraham tot op die grond neergebuig en by homself gelag. “Hoe kan ek op 100 jaar pa word?” het hy gewonder. “Daarby is Sara nou 90 jaar. Hoe kan sy geboorte gee?”
18Abraham sê toe vir God: “Ja, mag Ismael maar net voor U lewe!”
19Maar God sê vir hom: “Nee, Sara, jou vrou, sal vir jou ’n kind in die wêreld bring. Jy sal hom Isak#17:19 Isak beteken hy lag. noem en dis met hóm en sý nageslag dat Ek my blywende verbond sal bevestig. 20Wat Ismael betref, Ek sal hom ook seën soos jy gevra het. Ek sal hom seën met ’n ryke nageslag wat ’n groot nasie sal word; twaalf heersers sal uit hom voortkom. 21Maar my verbond is met Isak wat Sara ongeveer hierdie tyd volgende jaar vir jou in die wêreld sal bring.”
22Dit was die einde van die gesprek en God het van Abraham af weggegaan. 23Op dieselfde dag nog het Abraham sy seun Ismael geneem, asook elke manlike persoon in sy huishouding, en hulle aan die voorhuid besny, presies soos God beveel het. 24Abraham was 99 jaar oud toe hy besny is 25en sy seun Ismael was dertien jaar. 26Albei is op dieselfde dag besny 27saam met al die ander mans en seuns in die huishouding, dié wat in die huishouding gebore is en dié wat as slawe gekoop is.

Currently Selected:

GENESIS 17: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy