YouVersion Logo
Search Icon

GENESIS 12

12
Die Here beveel Abram om te trek
1Die Here het vir Abram gesê: “Trek weg uit jou land, weg van jou familie en jou ouerhuis en gaan na die land wat Ek jou sal aanwys. 2Ek sal jou die voorvader maak van ’n groot nasie. Ek sal jou seën sodat jy geëerd sal wees, en vir ander tot ’n seën sal wees. 3Ek sal dié seën wat jou seën en dié wat jou vervloek, sal Ek vervloek. In jou sal al die mense op die aarde geseën word.”
4Abram het toe weggetrek soos die Here hom beveel het en Lot het saamgegaan. Abram was 75 jaar oud toe hy uit Haran weggetrek het. 5Hy het sy vrou, Sarai, sy neef Lot en al hulle besittings, asook almal wat in Haran deel van sy gesin geword het, saamgeneem Kanaän toe. Daar aangekom, 6het hulle deur die land getrek tot by die waarsêersboom#12:6 Of die eikeboom by Moré. Moré beteken leermeester of waarsêer. naby die plek Sigem. Die Kanaäniete het toe nog in die land gewoon.
7Die Here het aan Abram verskyn en gesê: “Hierdie land gee Ek vir jou nageslag.” Toe bou Abram daar ’n altaar vir die Here wat aan hom verskyn het. 8Daarna het Abram verder suid getrek en kamp opgeslaan in die heuwels met Bet-El aan die westekant en Ai aan die oostekant. Daar het hy ook ’n altaar gebou en die Here aanbid. 9Mettertyd het Abram in die rigting van die Negev verskuif.
Abram en Sarai in Egipte
10Toe die land met ’n swaar hongersnood getref is, het Abram Egipte toe gegaan om tydelik daar te bly. 11Naby die grens van Egipte sê Abram vir Sarai: “Luister, my vrou, jy is ’n baie mooi vrou. 12Sodra die Egiptenaars jou sien, sal hulle sê: ‘Dit is sy vrou. Kom ons maak hom dood en vat haar vir ons!’ 13Sê tog dat jy my suster is, want dan sal die Egiptenaars my goed behandel ter wille van jou, en ook my lewe spaar.”
14En dit was ook so. Toe hulle in Egipte kom, het almal die beeldskone vrou raakgesien. 15Die paleisamptenare het haar gesien, die farao van haar vertel en sy is in sy paleis opgeneem. 16Ter wille van haar het die farao vir Abram baie geskenke gegee in die vorm van kleinvee, grootvee, donkies, slawe, slavinne en kamele.
17Maar die Here het die farao en sy huis met ernstige plae getref oor Sarai, Abram se vrou. 18Die farao laat roep toe vir Abram en vaar teen hom uit: “Wat het jy my aangedoen? 19Hoekom het jy my nie gesê dat sy jou vrou is nie? Hoekom het jy toegelaat dat ek haar as vrou neem deur te sê dat sy jou suster is? Hier is jou vrou! Vat haar, en trap!” 20Die farao het toe vir Abram en sy vrou, asook al hulle besittings onder begeleiding uit die land gestuur.

Currently Selected:

GENESIS 12: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy