YouVersion Logo
Search Icon

JAKOBUS 1

1
Jakobus skryf aan Joodse Christene, versprei oor die wêreld
1Hierdie brief kom van Jakobus, ’n dienskneg van God en die Here Jesus Christus.
Ek skryf aan die Joodse Christene wat oor die wêreld versprei is#1:1 Grondteks twaalf stamme in die verstrooiing.. Groete!
Wees bly oor julle beproewings en bid tot God vir wysheid
2My broers en susters#1:2 Grondteks broers., wanneer julle in allerhande beproewings beland, moet julle eintlik baie bly wees. 3Julle weet mos: Wanneer ’n mens se geloof ’n toets deurstaan, veroorsaak dit dat jy kan volhard. 4Julle moet egter enduit volhard. Dan sal julle julle lewensdoel bereik en geestelik gesond wees. Julle sal niks kortkom nie.
5Vra vir God as dit nie vir jou duidelik is wat Hy wil hê jy moet doen nie. Hy sal jou eenvoudig daardie wysheid gee, en jou nie verwyt dat jy dit gevra het nie. 6Maar, as ’n mens bid, moet jy die vertroue hê dat God sal antwoord, want iemand wat twyfel, is soos ’n brander in die see wat deur die wind aangejaag en heen en weer gedryf word. 7So iemand kan mos nie dink dat hy iets van die Here sal ontvang nie. 8Hy is iemand wat nie tot ’n besluit kan kom nie; op so iemand kan jy nie peil trek nie.
’n Nuwe visie op armoede en rykdom
9Gelowiges#1:9 Grondteks Die broers. wat nie status in die samelewing het nie, moet trots wees op die status wat God aan hulle gee. 10Gelowiges wat ryk is, moet bly wees oor hulle nederige status voor God. Want hulle rykdom sal soos die veld se blomme net ’n rukkie hou. 11Julle weet mos: Die warm son kom met gloeiende hitte op en verskroei die veld. Die blomme val af, en die veld se prag is weg. So sal die rykes ook met alles wat hulle bymekaargemaak het, vergaan.
Volharding in beproewing loop uit op die lewe
12Gelukkig is die mens wat in beproewing volhard! As die toets sy geloof as eg bewys, sal hy die lewe as oorwinningskroon ontvang. God het hierdie lewe belowe aan hulle wat Hom liefhet.
Beproewing kom van God, maar nie verleiding nie
13Wanneer iemand iets verkeerds wil doen, moet hy nie sê: “God verlei my” nie. Ons weet mos God kan nie verlei word om verkeerd te doen nie, en Hý verlei ook niemand nie. 14Ons eie sondige begeertes beproef ons, sleep ons saam en verlei ons. 15As ons sondige begeertes eers bevrug geraak het, is sonde die babatjie wat gebore word. En as hierdie babatjie kans kry om volwasse te word, gee dit geboorte aan die dood.
16Moet dus nie mislei word nie, my geliefde broers en susters#1:16, 19 Grondteks geliefde broers.. 17Van Bo af kom net goeie, ja, volmaakte gawes. Hulle kom van die Vader wat die hemelligte#1:17a Grondteks ligte. geskep het. Anders as die hemelligte, staan Hy onbeweeglik vas. Selfs sy skaduwee verskuif nie soos hulle s’n nie.#1:17b Of By Hom is geen skaduwee van omkering nie.
18Omdat God só besluit het, het Hy ons deur sy woord wat waar is, as sy kinders verwek en gebore laat word. Só het dit gekom dat ons die keur#1:18 Grondteks eerste deel van die oes. van sy hele skepping is.
Julle hóór moet uitloop op dóén
19My geliefde broers en susters#1:16, 19 Grondteks geliefde broers., wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie. 20As jy kwaad is, kan jy nie doen wat God wil hê nie. 21Raak daarom ontslae van die vuilheid en boosheid wat so welig in julle tier, en aanvaar nederig die woord wat God in julle geplant het. Hierdie woord het die mag om julle te red.
22Julle moet mense word wat dóén wat die woord sê. Moet dit nie net aanhoor nie; dan bedrieg julle julleself.
23Julle sal saamstem: As jy altyd net die woord aanhoor en nooit doen wat dit sê nie, is dit so goed of jy kyk na jou gesig in die spieël sonder om iets aan jou voorkoms te doen. 24Jy bekyk jouself, gee pad, en vergeet wat jy gesien het. 25As jy jou egter verdiep in God se volmaakte wet – dié wet wat ’n mens vrymaak – en jy dóén wat die wet sê en jy vergeet nie wat jy gehoor het nie, dan kan jy God se seën verwag op wat jy doen.
26As jy dink jy is godsdienstig, maar jy hou nie jou tong in toom nie, bedrieg jy jouself. Jou godsdiens is niks werd nie. 27Suiwer en onbevlekte godsdiens voor God ons Vader is dat ons weeskinders en weduwees in hulle swaarkry versorg, en dat ons nie toelaat dat die wêreld ons besmet nie.

Currently Selected:

JAKOBUS 1: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy