YouVersion Logo
Search Icon

3 JOHANNES 1

1
Die briefskrywer, geadresseerde, en ’n versekering van voorbidding en blydskap
1Dié brief kom van die ouderling en word gerig aan Gaius, die vriend wat ek opreg liefhet terwyl ons saam verbonde is aan die waarheid#1:1 Grondteks wat ek liefhet in waarheid..
2Geliefde vriend#1:2, 5a, 11 Grondteks Geliefde., ek hou aan bid dat dit in alle opsigte met jou goed mag gaan en dat jy nét so gesond sal wees soos dit geestelik goed met jou gaan.
3Ek was baie ingenome toe hier van die gelowiges#1:3a, 5b, 10 Grondteks broers. aangekom het en getuig het dat jy jou aan die waarheid verbind het om in ’n hegte verbondenheid daaraan te lewe#1:3b Grondteks om in die waarheid te lewe..
4Ek ervaar geen groter blydskap as juis wanneer ek hoor dat my kinders in ’n hegte verbondenheid aan die waarheid lewe#1:4 Grondteks kinders in die waarheid lewe. nie.
Omgee en ondersteuning vir die werkers van die Here
5Geliefde vriend#1:2, 5a, 11 Grondteks Geliefde., jy tree betroubaar op in wat jy ook al vir die gelowiges#1:3a, 5b, 10 Grondteks broers. doen, selfs al is hulle vreemdelinge#1:5c Dit gaan hier om rondreisende predikers.. 6Hulle het voor die gemeente plegtig vertel van jou liefde. Jy doen goed deur hulle op hulle reise voort te help soos God dit wil hê. 7Inderdaad, hulle gaan rond ter wille van die saak van Christus en ontvang niks van die ongelowiges nie.
8Ons moet sulke mense ondersteun, sodat ons saam medewerkers kan word in diens van die waarheid.
9Ek het hieroor aan die gemeente geskryf, maar Diotrefes wat homself graag eerste stel, het ons gesag eenvoudig nie aanvaar nie. 10Daarom, wanneer ek ook al kom, sal ek sy optrede onthou: Hy belaster ons deur bose gerugte te versprei, en asof dit nie genoeg is nie, ontvang hy selfs ook nie die gelowiges#1:3a, 5b, 10 Grondteks broers. nie. Dié wat dit nog wil doen, verhinder hy en verban hulle uit die gemeente.
11Geliefde vriend#1:2, 5a, 11 Grondteks Geliefde., moet tog nie dié slegte voorbeeld navolg nie. Volg liewer die goeie. Dié wat goed doen, is van God afkomstig; dié wat sleg doen, het God tot nou toe nie gesien nie.
12Almal getuig positief oor Demetrius; ook die waarheid self onderskryf dit.
Ons getuig dit ook en jy weet dat ons getuienis betroubaar is.
Slot
13Ek het regtig nog baie om aan jou te skryf, maar ek wil dit nie met pen en ink doen nie. 14Ek hoop egter om jou gou te sien en persoonlik met jou te praat#1:14 Grondteks en mond tot mond te praat..
15Mag jy vrede ondervind. Die vriende hier stuur vir jou groete. Dra asseblief my groete oor aan die vriende daar, aan elkeen persoonlik.

Currently Selected:

3 JOHANNES 1: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy