YouVersion Logo
Search Icon

1 PETRUS 4

4
Wees bereid om te ly volgens Christus se voorbeeld
1Omdat Christus dan liggaamlik gely het, moet julle julleself met dieselfde gedagte bewapen, en self bereid wees om liggaamlik te ly. As julle bereid is om liggaamlik te ly, het julle met die sonde afgereken. 2Sodat julle, so lank as wat julle nog ’n aardse liggaam het, nie meer aan julle natuurlike neigings#4:2 Of begeertes. vrye teuels gee nie, maar sal leef soos God dit wil hê. 3In die verlede het julle lank genoeg soos nie-Christene geleef. Julle het vrye teuels gegee aan losbandigheid en natuurlike neigings, julle het wilde en uitspattige dronkpartytjies gehou en afskuwelike afgodery bedryf.
4Natuurlik vind nie-Christene dit vreemd dat julle nie meer met hierdie stroom losbandigheid saamgaan nie, en praat hulle sleg van julle. 5Hulle sal egter verantwoording moet doen aan Hom wat klaarstaan om oor die lewendes en die dooies te oordeel. 6Dis juis hoekom die Goeie Nuus#4:6 Of evangelie. aan die dooies verkondig is toe hulle nog gelewe het. Hulle kon toe besef dat hulle volgens God se geestelike maatstawwe kan lewe, hoewel hulle volgens aardse, menslike maatstawwe veroordeel was om die fisiese dood te sterf. 7Die einde van alles is naby.
Hoe julle wat weet dat die einde naby is, moet leef
Daarom moet julle selfbeheers en nugter wees; dan sal julle kan bid. 8Die belangrikste van alles is dat julle mekaar onselfsugtig moet liefhê. Sulke liefde maak baie sondes toe. 9Tweedens: Ontvang mekaar in julle huise sonder om te kla. 10Derdens: God het aan elkeen van julle ’n genadegawe gegee. Met hierdie gawes moet julle mekaar dien sodat God se ryk genade#4:10 Of onverdiende goedheid. deur julle na mekaar toe kan vloei. 11Het jy die gawe ontvang om te preek? Dan moet jy só preek dat Gód deur jou praat. Het jy die gawe ontvang om ander te dien? Doen dit met die krag en energie wat Gód gee. Só moet God verheerlik word deur dit wat Jesus Christus moontlik gemaak het. Aan Hom behoort alle heerlikheid en krag tot in alle ewigheid! Amen.
Vertrou jou lewe toe aan God, en hou aan góéddoen
12Geliefdes, moenie verbaas wees oor die vuurproef wat oor julle kom nie. Dis nie iets vreemds wat met julle gebeur nie. 13Dit moet julle liewer bly maak, want só deel julle in die lyding van Christus. Later sal julle wonderlike vreugde ervaar wanneer sy heerlikheid bekendgemaak word en julle daarin deel.
14Beskou julleself gelukkig wanneer julle beledig word omdat julle Christene is#4:14 Grondteks oor die Naam van Christus.. Dit is ’n bewys dat die Gees wat heerlikheid bewerk, die Gees van God, in julle bly. 15As een van julle swaarkry, moet dit nie wees omdat hy ’n moordenaar is of ’n dief of ’n misdadiger of ’n kwaadstoker nie. 16As jy egter swaarkry omdat jy ’n Christen is, is dit geen skande nie. Inteendeel, prys God vir die voorreg om hierdie Naam te dra!
17Die tyd vir die oordeel het inderdaad aangebreek, en dit begin by die huisgesin#4:17a Grondteks huis. van God. As selfs ons Christene geoordeel word en dit is nog maar die begin, hoe verskriklik sal dit nie uiteindelik gaan met dié wat God se Goeie Nuus#4:17b Of evangelie. nie wou aanvaar nie?
18En:
“As iemand wat reg lewe voor God#4:18a Of ’n regverdige.
met moeite verlos word,
hoe sal dit dan gaan
met ’n goddelose
en ’n sondaar?”#4:18b Spr 11:31
19As julle dus ly omdat julle doen wat God wil hê, moet julle aanhou goeddoen en julle lewe oorlaat aan God wat julle gemaak het. Hy sal julle nooit in die steek laat nie.

Currently Selected:

1 PETRUS 4: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy