1
JOHANNES 1:12
Nuwe Lewende Vertaling
NLV
Aan almal wat Hom egter aanvaar het, dié wat in sy Naam glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word.
Compara
Explorar JOHANNES 1:12
2
JOHANNES 1:1
Heel aan die begin het die Woord reeds bestaan. Die Woord was by God, en die Woord was self God.
Explorar JOHANNES 1:1
3
JOHANNES 1:5
Die lig skyn in die duisternis, ja – die duisternis het dit nie uitgedoof nie!
Explorar JOHANNES 1:5
4
JOHANNES 1:14
En die Woord het mens geword en by ons kom woon. Ons het sy heerlikheid duidelik gesien, ’n heerlikheid soos dié van die enigste Seun van die Vader, vol liefdevolle goedheid en waarheid.
Explorar JOHANNES 1:14
5
JOHANNES 1:3-4
Alles het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding wat bestaan, ontstaan nie. In Hom was daar lewe, en dié lewe het gedien as die lig vir die mense.
Explorar JOHANNES 1:3-4
6
JOHANNES 1:29
Die volgende dag sien Johannes dat Jesus na hom toe aangestap kom. Hy sê toe: “Kyk, dáár is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem.
Explorar JOHANNES 1:29
7
JOHANNES 1:10-11
Maar toe Hy wel in die wêreld was – dié wêreld wat deur Hom ontstaan het – het die mensdom Hom tog nie erken nie. Hy het na sy eiendom toe gekom, en tog het sy eie mense Hom nie aanvaar nie.
Explorar JOHANNES 1:10-11
8
JOHANNES 1:9
Hy wat die betroubare lig is, wat elke mens verlig, was op pad na die mensewêreld.
Explorar JOHANNES 1:9
9
JOHANNES 1:17
Die wet is deur middel van Moses gegee; die genade en waarheid het deur Jesus Christus gekom.
Explorar JOHANNES 1:17
Inici
La Bíblia
Plans
Vídeos