YouVersion Logo
Search Icon

KOLOSSENSE 4

4
1Eienaars, behandel julle slawe reg en billik in die wete dat julle ook onder iemand staan, onder die Here in die hemel.
Bid en tree met wysheid op
2Volhard in die gebed! Wees daarby waaksaam en dankbaar 3en bid tegelykertyd ook vir ons. Bid dat God vir ons 'n deur vir die woord oopmaak sodat ons die geheimenis van Christus kan verkondig waarvoor ek hier gevange sit. 4Bid dat ek dit duidelik sal verkondig soos dit my opgelê is.
5Tree met wysheid op teenoor die mense wat nog buite die gemeente is. Maak die beste gebruik van elke geleentheid. 6Wat julle sê, moet altyd vriendelik wees en van goeie smaak getuig; en julle moet weet hoe julle elkeen behoort te antwoord.
Moenie oor my bekommerd wees nie
7Tigikus, die medegelowige wat ek baie liefhet, sal julle alles vertel van hoe dit met my gaan. Hy is 'n getroue dienaar en werk saam met my in diens van die Here. 8Ek stuur hom na julle toe juis sodat julle kan hoor hoe dit hier by ons gaan en sodat hy die kommer in julle gemoed kan wegneem. 9Onesimus, die getroue medegelowige wat ek baie liefhet en wat een van julle is, gaan saam met hom. Hulle sal julle alles vertel van hoe dit hier gaan.
Groete
10Aristargos, wat hier saam met my gevange sit, stuur vir julle groete; ook Markus, die neef van Barnabas. Oor hom het julle reeds opdragte gekry: as hy daar by julle kom, moet julle hom gasvry ontvang. 11Verder stuur Jesus, wat ook Justus genoem word, groete. Hulle drie is die enigste Jode wat saam met my werk vir die koninkryk van God. Hulle is vir my 'n groot troos.
12Epafras, wat een van julle is, stuur vir julle groete. Hy staan in diens van Christus Jesus en bid altyd ernstig vir julle dat julle staande mag bly, geestelik volwasse en in alles volkome gehoorsaam aan die wil van God. 13Ek kan van hom getuig dat hy baie vir julle doen asook vir die gelowiges in Laodisea en in Hiërapolis.
14Lukas, die dokter wat ek baie liefhet, en Demas stuur vir julle groete.
15Dra my groete oor aan die gelowiges in Laodisea en aan Nimfa en die gemeente wat gereeld in haar huis bymekaarkom.
16Wanneer hierdie brief klaar by julle voorgelees is, moet julle reëlings tref dat dit ook in die gemeente van die Laodisense voorgelees kan word; en die een wat van Laodisea af sal kom, moet ook by julle voorgelees word.
17En sê vir Argippus: “Gee jou aandag aan die taak wat jy in diens van die Here aanvaar het, sodat jy dit kan voltooi.”
18Nou skrywe ek met my eie hand. Groete, Paulus.
Dink aan my waar ek hier gevange sit.
Die genade sal by julle wees.

Currently Selected:

KOLOSSENSE 4: AFR83

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy