PSALMS 29:8-11

PSALMS 29:8-11 AFR83

Die stem van die Here laat die woestyn bewe. Die Here laat die Kadeswoestyn bewe. Die stem van die Here laat die wildsbokke ruk van skrik; dit stroop die bosse kaal. In sy paleis roep almal uit: “Hoe geweldig!” Die Here heers oor die watermassas, Hy heers vir altyd as koning. Die Here gee krag aan sy volk; die Here seën sy volk met oorvloed.
AFR83: Afrikaans 1983
Share