OBADJA 1:10-15

OBADJA 1:10-15 AFR83

op jou broervolk Jakob, oor die geweld teen hom, sal jy verslaan word, uitgeroei word vir altyd. Die dag toe vreemdes die bevolking van Jakob gevange weggevoer het, het jy afsydig daar gestaan. Toe uitlanders die poorte van Jerusalem binnegegaan en oor hom begin lootjies trek het, was jy aan hulle kant. Jy moes jou nie daarin verlekker het dat jou broer se dag gekom het nie, die dag toe die ongeluk hom getref het; jy moes nie so bly gewees het oor wat gebeur het met die mense van Juda die dag toe hulle omgekom het nie; jy moes nie so uit die hoogte gepraat het die dag toe die ellende hulle getref het nie; jy moes nie die poorte van my volk binnegegaan het die dag toe die ramp hom getref het nie; jy moes jou nie ook verlekker het in sy ongeluk die dag toe die ramp hom getref het nie; jy moes nie sy besittings geroof het die dag toe die ramp hom getref het nie; jy moes nie by die kruispaaie gaan staan het om sy vlugtelinge dood te maak nie; jy moes nie sy oorlewendes uitgelewer het die dag toe die ellende hom getref het nie. Die dag van die Here is naby, naby vir al die nasies. Wat jy gedoen het, Edom, sal aan jou gedoen word, jou dade sal op jou eie kop afkom.
AFR83: Afrikaans 1983
Share

Free Reading Plans and Devotionals related to OBADJA 1:10-15