YouVersion Logo
Search Icon

MARKUS 3:20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35

MARKUS 3:20 AFR83

Daarna het Jesus huis toe gegaan. 'n Menigte mense het weer saamgedrom, sodat daar selfs nie geleentheid was om 'n stukkie te eet nie.

MARKUS 3:21 AFR83

Toe sy familie hiervan hoor, het hulle gegaan om Hom te gaan haal, want hulle het gesê: “Hy het van sy kop af geraak.”

MARKUS 3:22 AFR83

Die skrifgeleerdes wat van Jerusalem af gekom het, het gesê: “Hy is van Beëlsebul besete!” en “Dit is met die hulp van die aanvoerder van die bose geeste dat hy bose geeste uitdrywe.”

MARKUS 3:23 AFR83

Jesus het hulle nader geroep en hulle met voorbeelde geantwoord: “Hoe kan die Satan die Satan uitdrywe?

MARKUS 3:24 AFR83

As 'n koninkryk onderling verdeeld is, kan daardie koninkryk nie bly staan nie

MARKUS 3:25 AFR83

en as 'n huisgesin onderling verdeeld is, sal daardie huisgesin nie kan bly staan nie.

MARKUS 3:26 AFR83

As die Satan teen homself in opstand kom en verdeeld is, kan hy nie bly staan nie, maar is dit sy einde.

MARKUS 3:27 AFR83

“Bowendien kan niemand in 'n sterk man se huis ingaan en sy goed vat as hy nie vooraf die sterk man vasbind nie. Eers dan sal hy sy huis kan beroof.

MARKUS 3:28 AFR83

“Dit verseker Ek julle: Alles sal die mense vergewe kan word, al die sondige lastertaal wat hulle praat.

MARKUS 3:29 AFR83

Wie egter teen die Heilige Gees laster, word tot in ewigheid nie vergewe nie maar bly ewig skuldig aan die sonde.”

MARKUS 3:30 AFR83

Dit het Hy gesê omdat hulle gesê het: “Hy is van 'n onrein gees besete.”

MARKUS 3:31 AFR83

Sy moeder en sy broers het toe gekom. Hulle het buite bly staan en 'n boodskap na Hom toe gestuur om Hom te roep.

MARKUS 3:32 AFR83

'n Menigte mense het rondom Hom gesit. Hulle sê toe vir Hom: “Kyk, u moeder en u broers en u susters daar buite soek U.”

MARKUS 3:33 AFR83

Maar Hy sê vir hulle: “Wie is my moeder en my broers?”

MARKUS 3:34 AFR83

Hy het die mense aangekyk wat in 'n kring om Hom sit en gesê: “Hier is my moeder en my broers!

MARKUS 3:35 AFR83

Elkeen wat die wil van God doen, is my broer en my suster en my moeder.”

Free Reading Plans and Devotionals related to MARKUS 3:20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35