MARKUS 15:1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 29, 30, 31, 32
MARKUS 15:1 AFR83
Die môre vroeg het die priesterhoofde saam met die familiehoofde en die skrifgeleerdes dadelik as volle Joodse Raad 'n vergadering gehou. Hulle het Jesus geboei en Hom toe weggebring en aan Pilatus uitgelewer.
MARKUS 15:2 AFR83
Pilatus het vir Hom gevra: “Is jy die koning van die Jode?” Jesus antwoord hom: “Dit is soos u sê.”
MARKUS 15:4 AFR83
Pilatus het Hom toe verder ondervra. “Verweer jy jou glad nie?” het hy gevra. “Kyk waarvan beskuldig hulle jou alles.”
MARKUS 15:6 AFR83
Elke paasfees het Pilatus vir die mense een gevangene, die een wat hulle gevra het, losgelaat.
MARKUS 15:7 AFR83
Daar was 'n man met die naam Barabbas in die tronk saam met ander opstandelinge. Hulle het tydens die opstand moord gepleeg.
MARKUS 15:8 AFR83
Daar het toe juis 'n klomp mense gekom en Pilatus gevra om vir hulle te doen wat hulle van hom gewoond was.
MARKUS 15:9 AFR83
Pilatus vra hulle toe: “Wil julle hê ek moet die koning van die Jode vir julle loslaat?”
MARKUS 15:11 AFR83
Hulle het die mense egter opgesteek om te vra dat hy liewer Barabbas vir hulle moet loslaat.
MARKUS 15:12 AFR83
Pilatus het weer vir hulle gevra: “Wat wil julle dan hê moet ek met hom maak wat julle die koning van die Jode noem?”
MARKUS 15:14 AFR83
“Waarom? Wat se kwaad het hy gedoen?” vra Pilatus hulle. Maar hulle skreeu nog harder: “Kruisig hom!”
MARKUS 15:16 AFR83
Die soldate vat Jesus toe in die binnehof van hulle hoofkwartier in en roep die hele afdeling bymekaar.
MARKUS 15:17 AFR83
Toe trek hulle Hom 'n pers mantel aan en vleg 'n doringkroon en sit dit vir Hom op.
MARKUS 15:18 AFR83
Daarna het hulle Hom begin begroet en gesê: “Ons groet u, Koning van die Jode!”
MARKUS 15:19 AFR83
Hulle het Hom herhaaldelik met 'n stok oor die kop geslaan en op Hom gespoeg en hulle knieë gebuig asof hulle aan Hom eer wou bewys.
MARKUS 15:20 AFR83
Nadat hulle Hom klaar bespot het, het hulle die pers mantel uitgetrek en weer sy eie klere vir Hom aangetrek. Toe lei hulle Hom weg om Hom te kruisig.
MARKUS 15:21 AFR83
Die soldate het iemand wat daar verbygekom het, gekommandeer om Jesus se kruis te dra. Dit was Simon van Sirene, wat van buite die stad af gekom het, die pa van Aleksander en Rufus.
MARKUS 15:23 AFR83
Hulle wou vir Hom wyn gee met mirre daarin, maar Hy wou dit nie hê nie.
MARKUS 15:24 AFR83
Toe kruisig hulle Hom en verdeel sy klere onder mekaar deur te loot oor wat elkeen moet kry.
MARKUS 15:26 AFR83
En die rede waarom Hy gekruisig is, was op 'n bordjie aan die kruis geskrywe: “Die koning van die Jode.”
MARKUS 15:27 AFR83
Saam met Hom het hulle ook twee rowers gekruisig, een regs en een links van Hom.
MARKUS 15:29 AFR83
Die mense wat daar verbygeloop het, het Jesus gelaster. Hulle het die kop geskud en gesê: “Toe, jy wat die tempel afbreek en in drie dae weer opbou!
MARKUS 15:31 AFR83
Net so het die priesterhoofde en die skrifgeleerdes ook spottend vir mekaar gesê: “Ander het hy gered; homself kan hy nie red nie!
MARKUS 15:32 AFR83
Laat die Christus, die koning van Israel, nou van die kruis af kom, sodat ons dit kan sien en in hom glo!” Die twee wat saam met Hom gekruisig is, het Hom ook beledig.