YouVersion Logo
Search Icon

MARKUS 14:53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72

MARKUS 14:53 AFR83

Hulle het Jesus weggelei na die hoëpriester toe. Die priesterhoofde en die familiehoofde en die skrifgeleerdes het almal daar saamgekom.

MARKUS 14:54 AFR83

Petrus het op 'n afstand agter Hom aan gegaan tot binne-in die binnehof van die hoëpriester se woning. Daar het hy hom saam met die wagte by die vuur gesit en warm maak.

MARKUS 14:55 AFR83

Die priesterhoofde en die hele Joodse Raad het geprobeer om 'n aanklag teen Jesus te kry om Hom dood te maak, maar hulle het niks gekry nie.

MARKUS 14:56 AFR83

Baie mense het vals getuienis teen Hom afgelê, maar die getuienis het nie ooreengestem nie.

MARKUS 14:57 AFR83

Sommige van hulle het na vore gekom en vals getuienis teen Hom afgelê deur te sê

MARKUS 14:58 AFR83

“Ons het hom hoor sê: Ek sal hierdie tempel, wat deur mense gemaak is, vernietig en binne drie dae 'n ander een bou wat nie deur mense gemaak is nie.”

MARKUS 14:59 AFR83

Maar ook hieroor het hulle getuienis nie ooreengestem nie.

MARKUS 14:60 AFR83

Toe het die hoëpriester in die Raad opgestaan en Jesus begin ondervra. “Verweer jy jou glad nie?” het hy gesê. “Wat van die getuienis wat hierdie mense teen jou inbring?”

MARKUS 14:61 AFR83

Maar Jesus het niks gesê nie en Hom glad nie verweer nie. Die hoëpriester het Hom verder ondervra. “Is jy die Christus, die Seun van Hom aan wie die lof toekom?” het hy Hom gevra.

MARKUS 14:62 AFR83

“Ek is,” het Jesus geantwoord, “en julle sal die Seun van die mens sien waar Hy sit aan die regterhand van Hom wat magtig is, en wanneer Hy kom op die wolke van die hemel.”

MARKUS 14:63 AFR83

Toe skeur die hoëpriester uit verontwaardiging sy klere en sê: “Waarvoor het ons nog getuies nodig?

MARKUS 14:64 AFR83

Julle het die godslastering gehoor. Hoe lyk dit vir julle?” Hulle het Hom eenparig veroordeel: “Hy verdien die dood!”

MARKUS 14:65 AFR83

Party van hulle het begin om op Hom te spoeg. Hulle het sy oë toegebind, Hom met die vuis geslaan en vir Hom gesê: “Profeteer 'n bietjie!” Ook die wagte het Hom geklap toe hulle Hom wegvat.

MARKUS 14:66 AFR83

Terwyl Petrus onder in die binnehof was, kom een van die hoëpriester se diensmeisies daar.

MARKUS 14:67 AFR83

Toe sy vir Petrus sien, besig om hom warm te maak, kyk sy na hom en sê: “Jy was ook saam met die man van Nasaret, die Jesus.”

MARKUS 14:68 AFR83

Hy het dit egter ontken deur te sê: “Ek ken Hom nie en ek verstaan ook nie wat jy sê nie.” Toe het hy na die deur se kant toe gestaan. En daar het 'n haan gekraai.

MARKUS 14:69 AFR83

Die diensmeisie het hom gesien en weer vir dié wat daar by gestaan het, gesê: “Hy is een van hulle.”

MARKUS 14:70 AFR83

Maar hy het dit weer ontken. 'n Rukkie later het dié wat daar by gestaan het, vir Petrus gesê: “Werklik, jy is een van hulle, want jy is mos ook 'n Galileër.”

MARKUS 14:71 AFR83

Toe begin hy vloek, en hy sweer: “Daardie man van wie julle praat, ken ek nie.”

MARKUS 14:72 AFR83

En onmiddellik het die haan 'n tweede keer gekraai. Dit het Petrus toe bygeval wat Jesus vir hom gesê het: “Voordat die haan 'n tweede keer kraai, sal jy My drie keer verloën.” En hy het in trane uitgebars.

Free Reading Plans and Devotionals related to MARKUS 14:53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72