MATTEUS 27:32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66
MATTEUS 27:32 AFR83
Toe hulle uitgaan, kry hulle 'n man van Sirene met die naam Simon, en hulle het hom gekommandeer om Jesus se kruis te dra.
MATTEUS 27:33 AFR83
Hulle kom toe by 'n plek wat Golgota genoem word; dit beteken Kopbeenplek.
MATTEUS 27:34 AFR83
Daar het hulle Hom 'n mengsel van wyn en gal gegee om te drink, maar toe Hy dit proe, wou Hy dit nie drink nie.
MATTEUS 27:37 AFR83
Bokant sy kop het hulle die aanklag teen Hom in skrif aangegee: “Dit is Jesus, die koning van die Jode.”
MATTEUS 27:38 AFR83
Saam met Hom het hulle ook twee rowers gekruisig, een regs en die ander een links van Hom.
MATTEUS 27:39 AFR83
Die mense wat daar verbygeloop het, het Jesus gelaster. Hulle het die kop geskud
MATTEUS 27:40 AFR83
en gesê: “Jy wat die tempel afbreek en in drie dae opbou! Red jouself as jy die Seun van God is, en kom van die kruis af!”
MATTEUS 27:41 AFR83
Net so het die priesterhoofde saam met die skrifgeleerdes en die familiehoofde ook gespot en gesê
MATTEUS 27:42 AFR83
“Ander het hy gered, maar homself kan hy nie red nie. Hy is mos die koning van Israel! Laat hy nou van die kruis afkom en ons sal in hom glo.
MATTEUS 27:43 AFR83
Hy het op God vertrou; laat God hom nou red as Hy dan behae in hom het. Hy het immers gesê hy is die Seun van God!”
MATTEUS 27:44 AFR83
Op dieselfde manier het die rowers wat saam met Hom gekruisig is, Hom ook beledig.
MATTEUS 27:45 AFR83
Van twaalfuur af het daar duisternis oor die hele land gekom, en dit het tot drie-uur geduur.
MATTEUS 27:46 AFR83
Teen drie-uur het Jesus hard uitgeroep: “Eli, Eli, lemá sabagtani?” Dit is: My God, my God, waarom het U My verlaat?
MATTEUS 27:47 AFR83
Party van dié wat daar gestaan het, het dit gehoor en gesê: “Hy roep vir Elia.”
MATTEUS 27:48 AFR83
Een van hulle hardloop toe gou, vat 'n spons en maak dit vol suur wyn en hou dit op 'n stok vir Hom om te drink.
MATTEUS 27:51 AFR83
Op daardie oomblik het die voorhangsel van die tempel van bo tot onder middeldeur geskeur. Die aarde het geskud, en die rotse het uitmekaar gebars.
MATTEUS 27:53 AFR83
en hulle het uit hulle grafte uitgegaan. Na Jesus se opstanding het hulle in die heilige stad gekom, waar hulle aan baie mense verskyn het.
MATTEUS 27:54 AFR83
Toe die offisier en die soldate wat saam met hom vir Jesus bewaak het, die aardbewing sien en die dinge wat gebeur, het hulle baie bang geword en gesê: “Hierdie man was werklik die Seun van God.”
MATTEUS 27:55 AFR83
Daar was ook baie vroue wat op 'n afstand gestaan en kyk het. Dit is hulle wat vir Jesus van Galilea af gevolg en vir Hom gesorg het.
MATTEUS 27:56 AFR83
Onder hulle was Maria Magdalena, Maria die moeder van Jakobus en Josef, en die moeder van die seuns van Sebedeus.
MATTEUS 27:57 AFR83
Laat die middag het daar 'n ryk man aangekom. Dit was Josef van Arimatea, wat self ook 'n volgeling van Jesus was.
MATTEUS 27:58 AFR83
Hy het na Pilatus toe gegaan en die liggaam van Jesus gevra, en Pilatus het beveel dat dit vir hom gegee moet word.
MATTEUS 27:60 AFR83
en dit daarna neergelê in sy eie nuwe graf wat hy in die rots uitgekap het. Hy het 'n groot klip voor die ingang van die graf gerol en weggegaan.
MATTEUS 27:61 AFR83
Maria Magdalena en die ander Maria was ook daar en het reg voor die graf gesit.
MATTEUS 27:62 AFR83
Die volgende dag, die dag na die Vrydag, het die priesterhoofde en die Fariseërs by Pilatus gekom
MATTEUS 27:63 AFR83
en vir hom gesê: “Meneer, ons onthou dat toe daardie bedrieër nog geleef het, hy gesê het: ‘Na drie dae sal ek uit die dood opgewek word.’
MATTEUS 27:64 AFR83
Gee dan bevel dat die graf drie dae veilig bewaak word, sodat sy dissipels hom nie dalk kom steel en vir die mense vertel: ‘Hy is uit die dood opgewek’ nie. Dan sal die tweede bedrog erger wees as die eerste.”
MATTEUS 27:65 AFR83
Pilatus antwoord hulle: “Hier is vir julle 'n wag; gaan beveilig die graf so goed as julle kan.”
MATTEUS 27:66 AFR83
Hulle het toe gegaan en die graf beveilig deur die klip te verseël en die wag daar te laat bly.