YouVersion Logo
Search Icon

MATTEUS 27:1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 28, 29, 30, 31

MATTEUS 27:1 AFR83

Die môre vroeg het al die priesterhoofde en die familiehoofde van die volk die besluit geneem om Jesus dood te maak.

MATTEUS 27:2 AFR83

Hulle het Hom geboei en Hom toe weggebring en aan Pilatus, die goewerneur, uitgelewer.

MATTEUS 27:3 AFR83

Toe Judas, die verraaier, sien dat Jesus tot die dood veroordeel is, het hy spyt gekry. Hy het die dertig silwermuntstukke teruggebring na die priesterhoofde en die familiehoofde toe

MATTEUS 27:4 AFR83

en vir hulle gesê: “Ek het gesondig. Ek het 'n onskuldige man verraai.” Maar hulle antwoord: “Wat het ons daarmee te doen? Dit is jou saak!”

MATTEUS 27:5 AFR83

Judas het toe die geld in die tempel in gegooi, weggeloop en homself gaan ophang.

MATTEUS 27:6 AFR83

Die priesterhoofde het die geld opgetel en gesê: “Dit is nie geoorloof om dit in die tempelfonds te stort nie, want dit is bloedgeld.”

MATTEUS 27:7 AFR83

Hulle besluit toe om daarmee die grond van die pottebakker te koop as 'n begraafplaas vir vreemdelinge.

MATTEUS 27:8 AFR83

Daardie stuk grond word tot vandag toe nog Bloedgrond genoem.

MATTEUS 27:9 AFR83

Toe is die woord vervul wat die Here deur die profeet Jeremia gesê het: “En hulle het die dertig silwermuntstukke geneem, dit is die prys wat die Israeliete ooreengekom het om vir hom te betaal

MATTEUS 27:10 AFR83

en hulle het dit uitbetaal vir die grond van die pottebakker. So het die Here dit aan my opgedra.”

MATTEUS 27:11 AFR83

Jesus is voor die goewerneur gebring en dié vra Hom: “Is jy die koning van die Jode?” Jesus antwoord: “Dit is soos u sê.”

MATTEUS 27:12 AFR83

Op die beskuldigings van die priesterhoofde en die familiehoofde het Hy niks geantwoord nie.

MATTEUS 27:13 AFR83

Toe sê Pilatus vir Hom: “Hoor jy nie waarvan hulle jou alles beskuldig nie?”

MATTEUS 27:14 AFR83

Maar Jesus het hom op geen enkele woord 'n antwoord gegee nie, sodat die goewerneur baie verbaas was.

MATTEUS 27:15 AFR83

Die goewerneur het die gewoonte gehad om elke paasfees vir die mense een gevangene van hulle eie keuse los te laat.

MATTEUS 27:16 AFR83

In daardie tyd was daar 'n berugte gevangene met die naam Jesus Barabbas.

MATTEUS 27:17 AFR83

Aangesien die mense tog bymekaar was, het Pilatus hulle gevra: “Wie wil julle hê moet ek vir julle loslaat: Jesus Barabbas of Jesus wat Christus genoem word?”

MATTEUS 27:18 AFR83

Hy het geweet dat die priesterhoofde Hom uit afguns uitgelewer het.

MATTEUS 27:19 AFR83

Terwyl Pilatus op die regbank sit, het sy vrou vir hom 'n boodskap gestuur: “Moet tog niks met daardie onskuldige man te doen hê nie, want ek het vannag 'n vreeslike droom oor hom gehad.”

MATTEUS 27:20 AFR83

Intussen het die priesterhoofde en die familiehoofde die mense oorgehaal om vir Barabbas vrylating te vra en vir Jesus die dood.

MATTEUS 27:21 AFR83

Die goewerneur vra hulle toe: “Watter een van die twee wil julle hê moet ek vir julle loslaat?” “Barabbas!” antwoord hulle.

MATTEUS 27:22 AFR83

Pilatus sê vir hulle: “Wat moet ek dan doen met Jesus wat Christus genoem word?” “Kruisig hom!” skreeu hulle almal.

MATTEUS 27:23 AFR83

Hy vra: “Watter kwaad het hy dan gedoen?” Maar hulle skreeu nog harder: “Kruisig hom!”

MATTEUS 27:24 AFR83

Toe Pilatus sien dit help niks nie en dat daar eerder 'n oproer kom, het hy water gevat en voor die skare sy hande gewas en gesê: “Ek is onskuldig aan die bloed van hierdie man. Dit is julle verantwoordelikheid.”

MATTEUS 27:25 AFR83

Toe antwoord die hele volk: “Laat die skuld vir sy bloed op ons en ons kinders rus!”

MATTEUS 27:26 AFR83

Pilatus het Barabbas toe vir hulle losgelaat; maar Jesus het hy laat gesel en Hom oorgelewer om gekruisig te word.

MATTEUS 27:28 AFR83

Hulle trek toe sy klere uit en gooi Hom 'n pers mantel om.

MATTEUS 27:29 AFR83

Hulle vleg 'n doringkroon en sit dit op sy kop en gee Hom 'n stok in sy regterhand. Toe bespot hulle Hom deur voor Hom te buig en te sê: “Ons groet u, Koning van die Jode!”

MATTEUS 27:30 AFR83

Hulle het op Hom gespoeg en die stok gevat en Hom oor die kop geslaan.

MATTEUS 27:31 AFR83

Nadat hulle Hom klaar bespot het, het hulle die mantel uitgetrek en weer sy eie klere vir Hom aangetrek. Toe lei hulle Hom weg om Hom te kruisig.