YouVersion Logo
Search Icon

MATTEUS 26:1, 2, 3, 4, 5, 6-7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35

MATTEUS 26:1 AFR83

Nadat Jesus oor al hierdie dinge klaar gepraat het, het Hy vir sy dissipels gesê

MATTEUS 26:2 AFR83

“Julle weet dat dit oor twee dae paasfees is. Dan word die Seun van die mens oorgelewer om gekruisig te word.”

MATTEUS 26:3 AFR83

In daardie tyd het die priesterhoofde en die familiehoofde van die volk bymekaargekom in die woning van Kajafas, die hoëpriester.

MATTEUS 26:4 AFR83

Hulle het daar saam planne gemaak om Jesus op 'n slinkse manier gevange te neem en dood te maak.

MATTEUS 26:5 AFR83

Hulle het egter gesê: “Nie op die fees nie, sodat daar nie oproer onder die volk kom nie.”

MATTEUS 26:6-7 AFR83

Terwyl Jesus in Betanië in die huis van Simon die melaatse aan tafel was, het 'n vrou by Jesus gekom met 'n albaste fles baie kosbare reukolie en dit op sy kop uitgegiet.

MATTEUS 26:8 AFR83

Toe die dissipels dit sien, was hulle verontwaardig. “Waarom so 'n verkwisting?” vra hulle.

MATTEUS 26:9 AFR83

“'n Mens kon die reukolie vir baie geld verkoop het en dit vir armes gegee het.”

MATTEUS 26:10 AFR83

Jesus het dit gemerk en vir hulle gesê: “Waarom maak julle dit vir die vrou moeilik? Sy het 'n goeie daad aan My gedoen.

MATTEUS 26:11 AFR83

Die armes het julle altyd by julle, maar vir My het julle nie altyd nie.

MATTEUS 26:12 AFR83

Deur hierdie reukolie op my liggaam uit te giet, het sy My voorberei vir my begrafnis.

MATTEUS 26:13 AFR83

Dit verseker Ek julle: Oral waar hierdie evangelie in die hele wêreld verkondig word, sal daar ook vertel word wat sy gedoen het, tot 'n herinnering aan haar.”

MATTEUS 26:14 AFR83

Toe het een van die twaalf dissipels, die een wat Judas Iskariot genoem is, na die priesterhoofde toe gegaan

MATTEUS 26:15 AFR83

en gesê: “Wat sal julle my gee as ek sorg dat Jesus in julle hande kom?” Hulle het hom toe dertig silwermuntstukke betaal.

MATTEUS 26:16 AFR83

Van toe af was hy op die uitkyk na 'n geskikte geleentheid om Jesus te verraai.

MATTEUS 26:17 AFR83

Op die eerste dag van die fees van die ongesuurde brood kom die dissipels na Jesus toe en vra: “Waar wil U hê moet ons gaan regmaak vir U om die paasmaaltyd te eet?”

MATTEUS 26:18 AFR83

Jesus het geantwoord: “Gaan in die stad na so en so toe en sê vir hom: ‘Ons Leermeester sê: My tyd is naby. In jou huis wil Ek saam met my dissipels die paasmaaltyd hou.’ ”

MATTEUS 26:19 AFR83

Die dissipels het gemaak soos Jesus aan hulle opgedra het, en die paasmaaltyd voorberei.

MATTEUS 26:20 AFR83

Toe dit aand geword het, het Jesus sy plek aan die tafel ingeneem saam met die twaalf.

MATTEUS 26:21 AFR83

Terwyl hulle eet, sê Hy: “Dit verseker Ek julle: Een van julle sal My verraai.”

MATTEUS 26:22 AFR83

Hulle was baie onthuts en een na die ander het Hom begin vra: “Dit is tog nie ek nie, Here?”

MATTEUS 26:23 AFR83

Hy antwoord toe: “Die een wat saam met My sy brood in die skottel insteek, dit is hy wat My sal verraai.

MATTEUS 26:24 AFR83

Die Seun van die mens gaan inderdaad sterwe soos daar oor Hom geskrywe staan; maar wee die man deur wie die Seun van die mens verraai word. Dit sou vir daardie man beter gewees het as hy nooit gebore was nie.”

MATTEUS 26:25 AFR83

Toe sê Judas, sy verraaier: “Is dit miskien ek, Rabbi?” Jesus antwoord: “Dit is soos jy sê!”

MATTEUS 26:27 AFR83

Toe neem Hy 'n beker, en nadat Hy die dankgebed uitgespreek het, gee Hy dit vir hulle en sê: “Drink almal daaruit

MATTEUS 26:28 AFR83

want dit is my bloed, die bloed waardeur die verbond beseël word en wat vir baie vergiet word tot vergewing van sondes.

MATTEUS 26:29 AFR83

Ek sê vir julle: Van nou af sal Ek nie weer van hierdie wyn drink nie tot op die dag wanneer Ek saam met julle die nuwe wyn in die koninkryk van my Vader sal drink.”

MATTEUS 26:30 AFR83

Nadat hulle die lofsang gesing het, het hulle uitgegaan Olyfberg toe.

MATTEUS 26:31 AFR83

Toe sê Jesus vir hulle: “Julle almal sal My vannag nog in die steek laat. Daar staan immers geskrywe: “ ‘Ek sal die herder doodmaak, en die skape van sy kudde sal uitmekaar gejaag word.’

MATTEUS 26:32 AFR83

“Maar nadat Ek uit die dood opgewek is, sal Ek julle vooruitgaan na Galilea toe.”

MATTEUS 26:33 AFR83

Daarop het Petrus vir Hom gesê: “Al sal hulle U ook almal in die steek laat, ék sal U nooit in die steek laat nie.”

MATTEUS 26:34 AFR83

Toe sê Jesus vir hom: “Dit verseker Ek jou: Vannag nog, voordat die haan kraai, sal jy My drie maal verloën.”

MATTEUS 26:35 AFR83

Petrus sê vir Hom: “Al moet ek saam met U sterwe, ek sal U beslis nie verloën nie!” Al die ander dissipels het ook so gesê.

Free Reading Plans and Devotionals related to MATTEUS 26:1, 2, 3, 4, 5, 6-7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35