YouVersion Logo
Search Icon

MATTEUS 15:21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29

MATTEUS 15:21 AFR83

Jesus het daarvandaan weggegaan en na die streke van Tirus en Sidon toe vertrek.

MATTEUS 15:22 AFR83

'n Kanaänitiese vrou wat in daardie gebied gewoon het, het onverwags by Hom aangekom. Sy het aanhoudend geroep: “Ontferm U oor my, Here, Seun van Dawid! My dogter is in die mag van 'n bose gees, en dit gaan sleg.”

MATTEUS 15:23 AFR83

Maar Hy het haar niks geantwoord nie. Sy dissipels kom toe by Hom en vra: “Stuur haar weg, want sy hou aan met skreeu hier agter ons.”

MATTEUS 15:24 AFR83

Jesus antwoord: “Ek is net na die verlore skape van die volk Israel toe gestuur.”

MATTEUS 15:25 AFR83

Maar die vrou kom kniel voor Hom en sê: “Here, help my!”

MATTEUS 15:26 AFR83

Hy sê vir haar: “Dit is nie mooi om die kinders se brood te vat en vir die hondjies te gooi nie.”

MATTEUS 15:27 AFR83

“Dit is waar, Here,” sê sy, “maar die hondjies eet darem van die krummels wat van hulle base se tafels afval.”

MATTEUS 15:28 AFR83

“Mevrou,” sê Jesus vir haar, “jou geloof is groot. Jou wens word vervul.” Van daardie oomblik af was die dogter gesond.

MATTEUS 15:29 AFR83

Jesus het daarvandaan vertrek en by die See van Galilea gekom. Hy het teen die berg opgegaan en daar gaan sit.

Free Reading Plans and Devotionals related to MATTEUS 15:21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29