LUKAS 23:26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50-51, 52, 53, 54, 55, 56
LUKAS 23:26 AFR83
Terwyl hulle Hom weglei, gryp hulle 'n sekere Simon van Sirene, wat toe net van buite die stad af gekom het, en sit die kruis op hom om dit agter Jesus aan te dra.
LUKAS 23:27 AFR83
'n Groot menigte van die volk het agter Jesus aan geloop, onder wie ook vroue wat oor Hom getreur en gehuil het.
LUKAS 23:28 AFR83
Maar Jesus het na hulle toe omgedraai en gesê: “Vroue van Jerusalem, moenie oor My huil nie, huil oor julleself en julle kinders
LUKAS 23:29 AFR83
want daar kom dae waarin hulle sal sê: ‘Hoe gelukkig is die onvrugbare vroue en dié wat nooit 'n kind in die wêreld gebring het of gevoed het nie.’
LUKAS 23:30 AFR83
“Dan sal hulle vir die berge sê: “ ‘Val op ons!’ “en vir die heuwels: “ ‘Bedek ons!’
LUKAS 23:31 AFR83
“As hulle dit met die groen hout doen, wat sal dan met die droë hout gebeur?”
LUKAS 23:32 AFR83
Daar is ook twee ander, albei misdadigers, weggelei om saam met Jesus tereggestel te word.
LUKAS 23:33 AFR83
Toe hulle by die plek kom wat Kopbeen genoem word, het hulle Hom daar saam met die misdadigers gekruisig, die een aan sy regter- en die ander een aan sy linkerkant.
LUKAS 23:34 AFR83
Toe sê Jesus: “Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie!” Hulle het sy klere verdeel deur te loot.
LUKAS 23:35 AFR83
Die volk het daar gestaan en kyk. Hulle raadslede het Hom ook uitgelag en gesê: “Ander het hy gered. Laat hy homself red as hy die Christus is wat deur God uitverkies is.”
LUKAS 23:36 AFR83
Ook die soldate het vorentoe gekom en Hom bespot. Hulle het vir Hom suur wyn aangebied
LUKAS 23:39 AFR83
Een van die misdadigers wat daar gehang het, het Hom gelaster deur te sê: “Is jy dan nie die Christus nie? Red jouself en ons ook!”
LUKAS 23:40 AFR83
Maar die ander een het hom tereggewys en gesê: “Is jy nie bang vir God nie? Jy ondergaan tog dieselfde straf as hierdie man!
LUKAS 23:41 AFR83
In ons geval is dit regverdig, want ons ontvang die verdiende straf vir ons dade. Maar hierdie man het niks verkeerds gedoen nie.”
LUKAS 23:43 AFR83
Jesus antwoord hom: “Ek verseker jou: Vandag sal jy saam met My in die paradys wees.”
LUKAS 23:44 AFR83
Dit was al omtrent twaalfuur, toe kom daar duisternis oor die hele land, en dit het tot drie-uur geduur
LUKAS 23:45 AFR83
die son het opgehou om te skyn. Die voorhangsel in die tempel het middeldeur geskeur.
LUKAS 23:46 AFR83
Jesus het hard uitgeroep: “Vader, in u hande gee Ek my gees oor.” Na hierdie woorde het Hy die laaste asem uitgeblaas.
LUKAS 23:47 AFR83
Toe die offisier sien wat gebeur het, het hy God geprys en gesê: “Hierdie man was werklik onskuldig.”
LUKAS 23:48 AFR83
Al die mense wat saamgedrom het om na die skouspel te kyk en gesien het wat daar gebeur het, het verslae huis toe gegaan.
LUKAS 23:49 AFR83
Maar al Jesus se vriende, ook die vroue wat Hom van Galilea af gevolg het, het op 'n afstand bly staan. Hulle het al hierdie dinge gesien.
LUKAS 23:50-51 AFR83
Daar was 'n man met die naam Josef, afkomstig van 'n Joodse dorpie Arimatea. Hy was 'n goeie en opregte man en het die koms van die koninkryk van God verwag. Hoewel hy lid van die Joodse Raad was, het hy nie met hulle besluit en optrede saamgestem nie.
LUKAS 23:53 AFR83
Nadat hy dit van die kruis afgehaal het, het hy dit in linne toegedraai en in 'n rotsgraf neergelê waarin nog nooit tevore iemand begrawe was nie.
LUKAS 23:55 AFR83
Die vroue wat saam met Jesus van Galilea af gekom het, het saamgeloop en die graf gesien en gekyk hoe sy liggaam neergelê word.
LUKAS 23:56 AFR83
Daarna het hulle huis toe gegaan en reukolie en salf reggemaak. Op die sabbatdag het hulle gerus, soos die gebod bepaal.





