JOHANNES 14:7-11
JOHANNES 14:7-11 AFR83
As julle My ken, sal julle my Vader ook ken. En van nou af ken julle Hom en sien julle Hom.” Toe sê Filippus vir Hom: “Here, wys vir ons die Vader, en dit is vir ons genoeg.” En Jesus sê vir hom: “Ek is al so lank by julle, en ken jy My nie, Filippus? Wie My sien, sien die Vader. Hoe kan jy dan sê: ‘Wys vir ons die Vader’? Glo jy nie dat Ek in die Vader is en die Vader in My nie? Die woorde wat Ek met julle praat, praat Ek nie uit my eie nie; maar dit kom van die Vader wat in My bly en sy werke doen. Glo in My omdat Ek in die Vader is en die Vader in My; of anders, glo op grond van die werke self.



![[Uniqueness of Christ] Jesus' Unique Reality JOHANNES 14:7-11 Afrikaans 1983](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F34099%2F1440x810.jpg&w=3840&q=75)

