Daarna het hy vir Laban gesê: “Gee my nou my vrou. Die tyd is verby. Ek wil nou met haar trou.” Laban het al die mense van die omgewing bruilof toe genooi, maar die aand van die troue het hy sy dogter Lea gevat en haar na Jakob toe gebring, en hy het met haar gemeenskap gehad. Laban het sy slavin Silpa vir sy dogter Lea as persoonlike slavin saamgegee. Die môre sien Jakob toe dis al die tyd Lea. Toe vra hy vir Laban: “Wat het u my aangedoen? Het ek nie by u gewerk vir Ragel nie? Waarom het u my bedrieg?” Laban het geantwoord: “By ons is dit nie die gebruik dat 'n mens jou jongste dogter voor die oudste laat trou nie. Wag net hierdie week, dan gee ek die jongste ook vir jou as jy nog sewe jaar by my sal werk.” Jakob het ingestem en daardie week gewag. Toe gee Laban sy dogter Ragel vir hom as vrou. Laban het sy slavin Bilha vir sy dogter Ragel as persoonlike slavin saamgegee. Jakob het ook met Ragel gemeenskap gehad. Hy het vir Ragel baie liewer gehad as vir Lea en nog sewe jaar by Laban gewerk.
Share
Read GENESIS 29
Save verses, read offline, watch teaching clips, and more!
YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy
Home
Bible
Plans
Videos