YouVersion Logo
Search Icon

GENESIS 16:11-13

GENESIS 16:11-13 AFR83

En toe sê die Engel van die Here ook nog vir haar: “Kyk, jy is swanger; jy sal 'n seun in die wêreld bring. Jy moet hom Ismael noem, want die Here het van jou swaarkry gehoor. Jou seun sal 'n man wees so ontembaar soos 'n wildedonkie: hy sal teen almal wees, en almal sal teen hom wees. Hy sal in vyandskap leef met sy bloedverwante.” Hagar het toe die Naam van die Here wat daar met haar gepraat het, aangeroep en gesê: “U is 'n God wat my sien, hier het ek Hom gesien wat my gesien het.”