YouVersion Logo
Search Icon

AMOS 5:22-27

AMOS 5:22-27 AFR83

Al bring julle vir My brandoffers en graanoffers, dit is nie vir My aanneemlik nie, en Ek kyk nie eens na julle maaltydoffers van vetgevoerde kalwers nie. Gee pad voor My met die rumoer van jou gesing; Ek wil nie jou harpmusiek hoor nie! Maar laat die reg en die geregtigheid te voorskyn kom, laat dit aanrol soos watergolwe, soos 'n standhoudende stroom. Moes julle vir My die veertig jaar in die woestyn diereoffers en graanoffers bring, Israel? Julle sal julle koning Sikkut en julle afgodsbeeld Kijun, dié stergode wat julle vir julle gemaak het, moet dra wanneer Ek julle in ballingskap laat wegvoer ver by Damaskus verby, sê die Here. Sy Naam is Almagtige God.