AMOS 5:18-21
AMOS 5:18-21 AFR83
Ellende wag vir dié wat smag na die dag van die Here! Waarom verlang julle na die dag van die Here? Dit sal donker bring, nie lig nie; dit sal wees soos wanneer iemand vir 'n leeu vlug en 'n beer val hom aan, of soos wanneer iemand tuiskom en hy leun met sy hand teen die muur en 'n slang pik hom. Die dag van die Here bring donker, nie lig nie, net duisternis, nie 'n ligstraal nie. Ek haat, Ek verafsku julle feeste, Ek het niks aan julle feestye nie.