1 TESSALONISENSE 1:6-8
1 TESSALONISENSE 1:6-8 AFR83
En julle het ons voorbeeld gevolg en volgelinge van die Here geword. In baie moeilike omstandighede het julle die woord aangeneem met 'n blydskap wat van die Heilige Gees kom. So het julle 'n voorbeeld geword vir al die gelowiges in Masedonië en in Agaje. Van julle af is die woord van die Here in Masedonië en in Agaje verkondig, en oral het die mense gehoor van julle geloof in God, sodat dit nie vir ons nodig is om nog iets daaroor te sê nie.