YouVersion Logo
Search Icon

1 KRONIEKE 8

8
Die stam Benjamin
1Benjamin was die vader van Bela sy oudste, Asbel sy tweede, Agrag sy derde, 2Noga sy vierde, en Rafa sy vyfde.
3Bela se seuns was Ard, Gera, Abihud, 4Abisua, Naäman, Agoag, 5Gera, Sefufan en Guram. 6Nou volg die seuns van Egud. Hulle was familiehoofde van die inwoners van Geba en is as gevangenes weggevoer na Managat toe. 7Dit was Naäman, Agija en Gera wat weggevoer is. Gera was die vader van Ussa en Agigud. 8'n Sekere Sagarajim het in die Moabitiese gebied vader van kinders geword. Dit was nadat hy van sy vrouens Gusim en Baära geskei het. 9By sy vrou Godes was hy die vader van Jobab, Sibja, Mesa, Malkam, 10Jeüs, Sakeja en Mirma. Hierdie seuns van hom was familiehoofde. 11By Gusim was hy die vader van Abitub en Elpaäl. 12Die seuns van Elpaäl was Eber, Misam en Semed. Hy het Ono en Lod met sy omliggende dorpies gebou. 13Verder was daar nog Beria en Sema. Hulle was familiehoofde van die inwoners van Ajalon en dit was hulle wat die inwoners van Gat op die vlug gejaag het. 14Dan was daar ook nog Agjo, Sasak, Jeremot, 15Sebadja, Arad, Eder, 16Migael, Jispa en Joga, seuns van Beria. 17Sebadja, Mesullam, Giski, Geber, 18Jismerai, Jislia en Jobab was afstammelinge van Elpaäl. 19Verder was daar Jakim, Sikri, Sabdi, 20Eliënai, Silletai, Eliël, 21Adaja, Beraja en Simrat, afstammelinge van Simi. 22Jispan, Eber, Eliël, 23Abdon, Sikri, Ganan, 24Gananja, Elam, Antotija, 25Jifdeja en Penuel was afstammelinge van Sasak. 26Samserai, Segarja, Atalia, 27Jaäresja, Elia en Sikri was afstammelinge van Jerogam. 28Hierdie manne was die familiehoofde volgens hulle stamboom. Hulle was leiers en het in Jerusalem gewoon. 29In Gibeon het die vader van Gibeon gewoon. Sy vrou se naam was Maäka. 30Sy oudste seun was Abdon, en die ander was Sur, Kis, Baäl, Nadab, 31Gedor, Agjo en Seker. 32Miklot was die vader van Sima. Hulle het ook in Jerusalem gewoon, langs hulle stamgenote. 33Ner was die vader van Kis, Kis die vader van Saul, en Saul die vader van Jonatan, Malkisua, Abinadab en Es-Baäl . 34Meribbaäl was 'n seun van Jonatan en die vader van Miga. 35Die seuns van Miga was Piton, Melek, Tagrea en Agas. 36Agas was die vader van Jehoadda, en Jehoadda was die vader van Alemet, Asmawet en Simri. Simri was die vader van Mosa, 37en Mosa die vader van Bina. Dié se seun was Rafa, sý seun Elasa, en dié se seun Asel. 38Asel het ses seuns gehad. Hulle name was Asrikam, Bokeru, Ismael, Searja, Obadja en Ganan. Dit is al Asel se seuns. 39Sy broer Esek se seuns was Ulam, die oudste, Jeüs, die tweede, en Elifelet, die derde. 40Die seuns van Ulam was strydbare manne en boogskutters. Hulle het baie kinders en kleinkinders gehad, honderd en vyftig altesaam.
Al hierdie mense was afstammelinge van Benjamin.

Currently Selected:

1 KRONIEKE 8: AFR83

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy