YouVersion Logo
Search Icon

Openbaring 10

10
Gaan vertel vir die mense van God
1Toe ek weer sien, kom daar ’n engel uit die hemel. Dié engel was nou vir jou sterk. ’n Mens kon die engel nie so mooi sien nie, want hy het in ’n wolk gestaan met ’n reënboog bo-oor sy kop. Hy was sterk en getrou ook. As jy na sy gesig gekyk het, was dit net of ’n mens reg in die son inkyk. Sy bene het gelyk soos pilare van vuur. 2In sy hand het hy ’n klein boekie gehou wat oop was. Hy gaan toe wydsbeen met sy regtervoet op die see en sy linkervoet op die land staan 3en skreeu kliphard. Dit het geklink soos ’n leeu wat brul. 4Hy het skaars geskreeu of sewe donderslae klap. Uit die hemel is daar gepraat! Met die donder wat so slaan, vat ek toe my pen. Ek wou neerskryf wat ek alles om my hoor. Net toe ek wou begin skryf, hoor ek iemand uit die hemel sê: “Moenie ’n woord neerskryf nie! Hou dit wat jy so deur die donder hoor, geheim.”
5Die engel wat so wydsbeen op die land en die see staan, lig toe sy regterhand op. 6Hy wys hemel toe en neem ’n eed. Hy roep toe vir God wat vir ewig en altyd leef en alles gemaak het - of dit die hemel met alles daarin, die aarde met alles daarop of die see met alles daarin is - as getuie in vir wat hy wil sê: “Daar is nie meer tyd oor nie. 7Die oomblik dat die sewende engel op sy trompet blaas, gaan God doen wat Hy beloof het. Hy het mos lank terug vir die mense wat Hom dien, die profete, gesê wat Hy van plan is om te doen.”
8Ek het toe weer dieselfde stem as netnou uit die hemel met my hoor praat: “Gaan vat daardie oop boekie uit die hand van die engel wat met die een voet op die see en die ander voet op die land staan.”
9Ek stap toe nader na die engel toe: “Gee my asseblief die boekie,” vra ek.
“Vat en eet dit,” sê die engel. “As jy dit eet, sal dit lekker wees, soet soos heuning. Maar dan sal jy vreeslik sooibrand daarvan kry.”
10Ek vat toe die boekie by die engel en eet dit. Dit was toe so: in my mond was dit suikersoet. Nadat ek dit geëet het, het ek vreeslik sooibrand gekry. 11Weer praat hy met my: “Jy moet mense weer van God gaan vertel. Gaan na al die mense toe; maak nie saak waar hulle bly of watter taal hulle praat nie.”

Currently Selected:

Openbaring 10: DB

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy