YouVersion Logo
Search Icon

Psalms 9

9
1Opgedra aan die musiekleier. ’n Dawidspsalm op die wysie van “’n Seun se dood”
2Met alles binne-in my wil ek vir die Here dankie sê!
Ek wil praat oor die wonderlike dinge wat U gedoen het.
3Ek is bly oor U! Ek juig oor wat U gedoen het.
Allerhoogste God, ek sal liedere sing om U te eer.
4Mense wat niks van my hou nie, pla my nie meer nie.
U het hulle tot ’n val gebring. Hulle het voor U vergaan.
5Maar U het my reg behandel. Soos ’n goeie regter het U my saak goed hanteer. U het ’n regverdige uitspraak gegee.
6U het daardie spul wat U nie ken nie, ernstig gewaarsku.
U het ’n einde gemaak aan hulle wat U nie dien nie.
U het hulle name van die aarde afgevee.
7Niemand sal ooit weer oor hulle dink of praat nie.
U het selfs die plekke waar hulle gebly het, van die aarde afgevee.
Mense sal nooit weer daaraan dink nie.
8Die Here regeer vir altyd oor almal. Hy regeer as die regverdige Een.
Hy neem altyd die regte besluite.
9Omdat Hy al die feite het, sal Hy die regte vonnis oor al die volke vel.
10Die Here beskerm elkeen wat swaarkry.
In die grootste nood kan hulle by Hom skuil.
11Almal wat U ken, vertrou op U.
U laat mense wat U soek en van U afhanklik is, nooit in die steek nie.
12Julle wat die Here dien, kom sing lofliedere om Hom te eer.
Hy woon in Jerusalem.
Praat onder al die volke oor dit wat Hy doen.
13Hy gee om vir mense wat onskuldig ly.
Hy help elkeen wat in die nood is.
Wanneer hulle sy hulp vra, sal Hy hulle nie ignoreer nie.
14Here, wees goed vir my. Maak u hart vir my oop.
Help my wanneer hulle wat my haat, my wil doodmaak.
Dis net U wat kan sorg dat ek nie doodgaan nie.
15Help my asseblief, Here, sodat ek oor u wonderlike dade kan praat.
Almal moet daarvan weet.
By u woonplek sal ek vertel dat U my gered het. En ek sal bly wees.
16Mense wat U nie ken nie,
sal self tweede kom terwyl hulle ander tot ’n val probeer bring.
Hulle word die prooi van hulle eie bose planne.
17Die Here het vir alle mense gewys wie Hy regtig is.
Hy straf verkeerde dade.
Mense wat Hom nie dien nie, moet weet dat hulle deur hulle eie geknoei tot ’n val sal kom.
18Almal wat nie die Here dien nie, se uiteinde is die dood. So ook die volke wat vergeet dat Hy God is.
Maar die Here vergeet nooit om elkeen wat sy hulp vra, by te staan nie.
19As jy hulp nodig het, kan jy maar net jou hoop op die Here stel.
Hy sal jou nooit teleurstel nie.
20Gryp nou in, Here!
Anders dink party mense dat hulle baie sterk is.
Maak almal bymekaar wat U nie dien nie.
Wees ’n regverdige regter. Oordeel hulle!
21Here, laat hulle bang word. Laat die volke besef dat hulle maar net swak mense is!

Currently Selected:

Psalms 9: DB

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy