YouVersion Logo
Search Icon

Psalms 84

84
1’n Psalm geskryf vir die koor van Korag om met musiek gesing te word
2Hoe wonderlik mooi is die plek waar U woon, o Here, groot Bevelvoerder oor alles en almal.
3Ek verlang so om net in u woonplek te staan.
Ek wil baie bly wees omdat U die God is wat leef.
4Die voëltjies maak hulle nes naby u altaar, o Here, God, groot Bevelvoerder. U is my God, en U heers oor die heelal.
5Gelukkig is die mense wat tuis voel in u huis en nie ophou om die mooiste dinge oor U te sê nie.
6Gelukkig is mense wat hulle krag by U soek en wat heeltyd droom oor hoe hulle u huis gaan besoek.
7As hulle deur ’n droë vallei gaan, breek die aarde in fonteine oop en sak die vroeë reën uit sodat daar oral poele water staan.
8Aan hulle is daar geen keer nie; hulle pad sal by God in Jerusalem eindig. U gee hulle die krag daarvoor.
9Luister asseblief wat ek vra, o Here, U wat alles kan doen. U is die groot Bevelvoerder, die God van Jakob. Hoor my gebed.
10Pas ons aardse heerser asseblief mooi op, o God.
Wees goed vir die een wat U spesiaal as koning gekies het. Hy moet ons beskerm.
11Dit is vir my lekkerder om een dag in u huis te wees as duisend dae sonder U in die poele van plesier.
Ek sal liewer net ’n deurwag in u huis wees as om in die grootste paleise saam met mense te bly wat nie van U hou nie.
12Die Here God wys vir ons wat ons moet doen en beskerm ons in gevaar.
Hy gee vir ons dinge wat ons nie verdien nie omdat ons reg lewe.
13As ons op U vertrou, sal U vir ons gee wat ons nodig het.
Here, U is die groot Bevelvoerder wat alles kan doen.
Die mens wat op U vertrou, is die gelukkigste van almal.

Currently Selected:

Psalms 84: DB

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy